Vedere navorsing oor die Boesmans en prof gaan huis toe
Ek en Luka het die volgende more vroeg gery om iets vir die boesmans te gaan skiet en my manne was ook by om te help laai en om die wild op te spoor. Ek en prof. het lank oor die boesmans gepraat en hy kon my oneindig baie raad gee. Die idee was vir die mense om na ons toe te kom vir mediese hulp en om ander dienste wat die staat nooit aan hulle verskaf het nie, te lewer. Hulle wou nie werklik beskaafd gemaak word nie en het die vrye ruimtes verkies om soos die nomade wat hulle was te leef. Daar was egter n eeue oue rede vir die nomadiese bestaan. Hulle was as mense deur al die jare deur al die volke misken en geen lewensreg gegun nie. Hulle was gejag soos ongediertes en hulle was slawe gemaak en hulle vrouens en kinders ontvoer en die mans vermoor. Hulle het geen ander keuse gehad as om nomade te word nie in n gedeelte van die land waar niemand kon bestaan nie. Hulle het ander volke wantrou en veral die Botswana regering was nie in hulle goeie boeke nie. Hulle het die aarde as hulle eiendom gesien en die reg om diere wat daar loop vir eie gebruik te kon jag. Dit kon die eiendom van ander nasies gewees het en baie moes vir jare in die tronk deurbring vir vee diefstal. Ek het dat Peter Williams die sake onder oe kry en byna alle boesmans wat daarvoor aangekla was is op een dag vrygelaat en by ons kom aflaai. Hulle is met hulle groepe herenig. Tronke was vir hulle bykans ondraaglik gemaak deur van die ander misdaders wat van hulle selfs in die tronke slawe gemaak het. Ek sou selfs verder gaan en later die wat aan n misdaad skuldig was by ons kom laat tuin maak en groente plant vir die ander boesmans. Baie sou oornag net verdwyn wat my ook gepas het, so lank hulle net nie in tronke was nie.
Hulle het inmenging in hulle bestaan as n baie groot misdaad gesien, tog kon hulle die houding aan neem van “ Julle woon op ons grond en julle skuld ons” wat vir my nie aanvaarbaar was nie. Daar sou moes n kopskuif kom en of dit vir die oermense sou aanvaarbaar wees sou die tyd leer. Ek het n ruim begroting gehad vir die welsyn van die mense en as ek sou meer geld wou he sou die staat dit gegee het. Geld het nie vir hulle waarde gehad nie, maar met geld kon ek hulle diens en n beter lewe gee. Hulle het geen weerstand teen westerse siektes gehad nie en sou dit maar op hulle eie ou maniere probeer genees. Dit kon deur die Katolieke gedoen word. Die oorlewing syfer van kinders was laag en ons het nie eens n syfer daarvoor gehad nie. Tog was die mense op hulle manier intelligent en kon hulle baie gou snap wat ons van hulle wou he. Geen ander volke was binne die Chobe en die Makghadighadi reservate toegelaat nie en dit het n reuse gebied aan hulle gegee om rond te beweeg en te doen wat hulle wou. Hulle was ook nie buite die gebied toegelaat nie wat vir hulle n probleem was. Dit was egter n gebied baie groter as Natal en hulle sou weldra uitvind dat ons geen dienste en beskerming bied buite die gebied nie. Daar was oral grensbakens opgerig en buite die bakens was hulle op hulle self aangewese. Die gebied binne die bakens was net hulle en die wild se eiendom. Behalwe ons wat daar gewerk het was hulle die heersers oor alles. Dit het gegeld vir alle natuurparke wat reeds afgebaken was. Hulle moes net binne die bakens hou.
Ek het vir Bruce Kinlock ook laat kom en hoewel hy nie kennis van die mense gehad het nie was hy baie goed bekend met die inheemse volke van Afrika se sosiale en politiese probleme. Dit kon nie so veel verskil van die pigmee tot die boesmans nie en n geleerde man sou dit kon verstaan. Hy was die hoof van natuursake en ek het jagte en menslike hulpbronne en welsyn gedoen. Die belangrikste was om hulle sosiale leefwyse te behou en hulle eeue oue gewoontes te respekteer en hulle weer as mense in die sosiale netwerk van Botswana se volke te kon vestig. Wetgewing wat hulle sekere dinge verbied is op ons aanbeveling geskrap, hulle kon byvoorbeeld poligamie toepas en hulle kon weer vrouens tussen die groepe uitruil. Hulle was verbied om sketse te kom maak op die heuwels weens die gevaar dat hulle bestaande sketse sou beskadig, ook dit sou ek laat omkeer. Hulle het hulle nooit aan die wette gesteur nie maar ek het dit laat skrap en hulle kon eintlik doen wat hulle wou. Ek het n paar dinge by gehou soos die jag van klipspringers en die stel van groot strikke gemaak van metaal. Terwyl hulle by ons basis was het ons gesorg vir vleis en hulle sou nie lank bly nie want die toormanne sou vir hulle se dat ons hulle gaan vet voer en slag. Ek wou nie eens met hulle geloof en toordery inmeng nie solank hulle die basiese wette gehoorsaam het.
Prof. Fritz het gese dat ek moes hoor of ou Tsamma nie by ons wou kom woon nie. hy was oud en afgeleef en sy dae was nie meer veel oor om te geniet nie. Hy was wel die leier van hulle groep maar hulle sou hom weldra moes groet. Omdat hy n mate van Afrikaans magtig was kon ek hom gebruik. Ek het geen idee gahad hoe oud die ou was nie maar hy moes n hele paar somers agter die rug gehad het. Dit sou handig wees om so n man te kon he en Jas kon ook die mense verstaan. Hy was blykbaar n baie goeie spiesmaker en het my die gewys wat hy gemaak het en ek het n hamer en aambeeld en n paar stukke yster by die bouspanne gekry en sou hom wel gaan sien.
Ek het bestuur en Luka het langs my gesit en ons het gery om spesifiek vlakvarke te gaan soek vir die boesmans. Hulle het min varke gejag want hulle was heilig op hulle honde en varke sou die honde maklik doodmaak. Tog was vark vleis n lekkerny vir hulle. Luka was nog steeds baie verlief op die 9,3 dubbel en ek het my 6,5 gehad waarmee ek lekker kon skiet op die stadium. Die varke was ook maar agter die nuwe groei van gras aan en hulle het nie saam met die troppe diere gemigreer nie. Hulle sig is swak maar hulle gehoor en reuksin is baie goed. Ek kon baie varke sien by die watergat by Nyati maar ons het besluit om nooit daar te skiet nie, dit was te mooi om die vrede daar te versteur. Ek het van die pad weggedraai waar die luiperd die wildehonde gevang het en is in n westelike rigting na die onderlope van die vloedvlaktes toe. Hier was altyd baie varke en ons het nie ver gery voor ons die eerste varke gekry het nie. Die gras was nog kort van die migrasie van die troppe en hulle het op die kniee gewei. Ek en Luka het alleen bekruip en ek het dat hy Jas se kierie saam neem as n rus om oor te skiet en ons het die wind lekker gelees en kon teen die wind tot byna tagtig meter van twee bere af kom wat so n entjie van mekaar gewei het. Steeds op hulle kniee.
Ek het die Ziess op die naaste een se oor neergesit en toe die skoot loop het hy net geval en gele en skop. Die ander een was nie seker waar die skoot vandaan gekom het nie en het n entjie in ons rigting gedraf en met sy neus n reuk gesoek en ek het hom op sy snoet geskiet en ook hy het net geval en stil gele. Daar was net die twee varke en ek wou nog twee skiet want die honde van die boesmans was ook maar net van vleis afhanklik. Dit was somer en die vleis sou nie lank hou nie dan kon die honde dit geniet. Weer sou ek iets leer van boesmans, hulle het die varke gerook met nat blare en gesout en die honde het net die afvalle gekry. Ons het die varke gelaai en verder gery en hele trop rooibokke gekry maar ek wou net varke skiet en ons is teen 8 uur die more terug gewees met vyf varke. Almal bere want dit was teelseisoen en ek wou nie soe skiet nie.
Ek het vir prof saam genooi om die vleis te gaan aflaai en ek het die aambeeld en ysters saam geneem en hy moes luister of ek reg praat met ou Tsamma. Hy sou graag wou bly maar moes eers by sy mense hoor. Hulle was baie dankbaar vir die vleis en die nonne was besig om met hulle te werk. Hy was besig om die mediese dinge vir hulle te verduidelik en daar was selfs luise op hulle koppe wat hulle bloot net as normaal aanvaar het. Daar was tande wat getrek moes word en in Botswana kon n mens met n mediese agtergrond ook tande trek en die mense kon dit doen. Daar is verduidelik dat hulle moes vyf dae bly want daar was mediese opvolge wat gedoen moes word en die nonne het selfs die honde ingespuit en almal die honde inkluis is gedoseer. Almal moes geent word teen siektes wat ek geen benul oor gehad het nie en die hele mediese spannetjie was met hulle doenig. Hulle sou elke dag n paar ure geleer word oor sindilikhied en die gevaar van siektes en dit wat die mediese mense alles vir hulle kon doen.
Ek en prof. en Bruce het weer gaan sit want ek wou n hele spul windpompe he vir die park en ook handpompe waar nuwe boesmankampies gebou was. My idee was om hulle met beskikbare water in die park se grense te hou, wild en dus vleis was genoeg, ek het nie veel van hulle ander gewoontes van eet geweet nie. As daar water was sou daar wild wees en dit sou die boesmans daar hou. Die westerse soetigheid was lekker maar ek het hulle nooit sien brood maak of pap eet nie. Uit ondervinding het ek geweet dat hulle nie plant en saai nie, dit sou nie werk in die park in elk geval nie. Hulle moes net soos nomade gehanteer word met deernis vir hulle situasie. Hulle was nie betroubare werkers nie in die sin van as dit gereen het, het die veld hulle geroep. Prof. het gese dat die tyd ons moes wys watter rigting ons sou gaan en ons moes net die mense beskerm teen leeus en siektes. Dit kon ons doen en ook was hulle getalle te min om enige inbreuk te kon maak op die wild getalle. Ek het besluit dat die boesman kwessie hom self moes uitsorteer en het die hele vakansie gehad wat voorle om alles te kon bedink.
Jeannie het begin om in die klaskamers tekeninge teen die mure aan te bring wat net soos boesman tekeininge gelyk het en van die vrouens en ou Tsamma het haar gehelp en ook prof. moes sy raad kom gee. Hoe verder hulle gevorder het hoe meer het die sketse vir my sin gemaak en later sou dit n hele storie vertel van jagters wat jag en van swaarkry sonder kos en water en ook van gelukkige tye toe alles volop was. Dit het bykans soos die sketse gelyk wat teen die roste was agter by die heuwels. Tsamma het vir my gese dat daar n baie sterker fontein in die heuwels was as die een wat ons ontgin het en ek en hy en prof. is soontoe om te gaan kyk. Wonderlik was dat die water onder rotse uitgekom het en net vir dertig meter geloop het en toe weer onder ander roste weggeraak het. Ek het die ingenieur gaan raadpleeg en hy was dit eens dat ons baie laer as die Delta was en dit van die water moes wees wat daar uitgeborrel het en dan weer weggeraak het. Die ingenieur sou dit vir ons ontgin en na die asgat gedeelte pyp en dan kon ons daar gaan tuin maak. Suid oos van die asgat was n gedeelte vloedvlakte waar nie bome gegroei het nie en daar het hulle vier hektaar skoon gemaak en omhein met elektriese drade wat met sonpanele gewerk het. Ons het n Ford trekker van die staat gehad en het net n paar implemente gekort en die navorsing oor die tipes groente was reeds gedoen by Serowe en deur die Katolieke by Makuku. Die water het n baie goeie druk gehad soontoe en en ons kon sproeiers gebruik wat op eie druk gespuit het. Hulle het die rooi sand weggeskraap onder dit was n pragtige swart turf tipe leemgrond wat op die oog af baie vrugbaar moes wees.
Dit was n verrassing toe Peter Williams en Selby opdaag met die helikopter en op die nuwe landings plek gaan sit. Dit was langs die hek en omtrent 200 meter van my huis af. Ek het eensklaps besef dat ons n fout gemaak deur die landingsplek nie te omhein nie. Daar sou nie vliegmasjiene kon slaap nie en die bouspanne het dit vinnig reggestel. Die basis was omtrent klaar gebou en net die laaste afwerkings was gedoen. Die pad was ook byna klaar en ek het uitgesien om darem net vinniger by die ander gedeeltes onder my beheer uit te kom. Met die reentye was dit maar n gesukkel deur die nimmer eindigende water met die vassit van voertuie. Van die konstruksie spanne was op pad huis toe en hulle werk was afgehandel.
“Boertjie, what these people did here is beyond my imagination, it can only be described as a miracle. The honour should go to Peter and Kabous’s father Oom. Peter did the financing side with the government and my role was of minor interest in this whole operation. I did give some advice here end there but everything was planned and things went very fluently. Well it must be one of the really successes of the government. This place will be known over the globe within a very short time. The man made waterhole must be one of the most beautiful places in the whole of this country. I can see that you’ve learnt a lot from your military experience while doing duty in the Caprivi. These people have built our bases in the Caprivi and also in Ovamboland, they know Africa and they know that planning is of the utmost importance Oom. I also want to tell you Boertjie that our hunting bookings for next year is booming and that there is a lot of interest coming from the US and this must be forthcoming from your trip there and down at the Falls. If it goes on like this we will have to cut down on our bookings. We will never cut down on bookings Oom. You haven’t done a lot of hunting in the Delta from your base at Makuku Oom. I really think it is time for all those junior hunters to show a bit of courage and to take clients out. You have a lot of game at the Delta and you surely can do more hunting trips there. We are always fully booked at the Linyati and I spoke to the guys at Wankie and for all reasons they can also start hunting there in the new year. You did give me and Jakkie a hard time this year and the hunting trips of Kabous were also fully booked for most of the time. Ingwe was fully booked for almost the whole year and Johan did one hell of a good job and nearly shot his whole quota, he asked me for an elephant which I gave to him. Ben did his best at the Gwai and with his limited resources he did exceptionally well. When I came back from the States he had his seventh group of clients back to back which really was not fair to him. It is difficult to hunt in the swamps and his base is very primitive and he is really working hard. You just will have to handle more clients at Makuku and not as always just send them to us without any good reason. The Chobe is a new concession and Luka and Katwindi are your hunters here and I will always be in the background helping where I can. We will only do exceptional trophies here and nothing else, we do have our obligation towards the government and the local people. There is always the matter of problem animals that we will have to sort out as well. But looking at the numbers of the animals shot by our firm, you will agree that your hunters could do better. When I came to you as a junior, you really expected more of us than you are doing right now from the juniors. They can do better and they are a lot at your place and for us in the remote areas it seems they are doing nothing. Send them to us if you want to get rid of some of them, we will sort them out. Boertjie I can tell you with all my honesty that we did more hunting the past year than in all of the previous five years put together, I must really thank you all.”
Selby het nie gehou van kritiek nie en ek kon sien dat hy nie lekker was daaroor nie. Feit was dat die meeste jagters by hulle begin het en binne n week aan ons gestuur was na hulle die sogenaamde opleiding gekry het en dan moes ons met hulle sukkel. Party kere sou die een groep die more vertrek en die selfde middag n nuwe een opdaag. Dit was goed vir besigheid maar die geriewe by hom was gebou vir baie kliente en hy het die jagters gehad en hulle nie effektief aangewend nie. Ons kon eintlik net vyf groepe hanteer op n slag en was bykans nooit minder as vol nie en baie male sou ons nege groep gehad het. Terwyl Selby self leeg was vir n week of meer het ons rond gehardloop om kliente tevrede te hou. Hulle sou voels skiet terwyl ons agter buffels en leeus moes loop en dit het nie sin gemaak nie. hy het geweet dat hy misbruik maak en was skaam-kwaad en ons het nog lank op die dek gesit en ek het later vir ons gaan whisky skink. Ons het gepraat oor die boesmans en ek wou sy insette ook gehad het. Hy was al sedert die vroee sestigs in Botswana en het maar soos die mense geredeneer, die nasie het nie vir hom baie beteken nie en dit sou my uitdaging groter maak. “ Apart from the few dollars that I gave you as a present when I had to make you leave for the States, you haven’t received any money from me since you started here in Botswana. All your money is in the safe at home. When you go on leave you must please take it with you or put it in the bank at Maun. I really can’t keep all that money for the next year. That goes for your whole team. Thank you Oom we will collect the money when we go on leave next week. Tell the other guys that their money is waiting for them as well as your bonuses of two years. I will do so Oom. We will be sleeping at your place before leaving for the Republic.”
Prof. en Jeannie het gekom van die skool af waar hulle geskets het en ons het die besigheids pratery gelos en op ander dinge gekonsentreer. Soos gewoonlik het sy met Selby gespot en hy en prof. het baie gesels oor leeus en die migrasie van wild en hulle sou eers teen laat die middag weer terug vlieg want Peter sou by Selby slaap die aand. Daar was genoeg slaap plekke en ek het aan gehou dat hulle by ons moes slaap en later die helikopter met my boesmans deur die hek gestoot dat hy veilig sou wees die aand en ek het uitgesien na die eerste aand saam met Peter en Selby in die nuwe basis.
Toe die Jack Daniels begin trek en hy en prof. oor leeus bykans klaar gepraat het wou ek weet waar sy liefde vir die 416 vandaan kom. As Selby oor Kenia gepraat het, het die trane altyd baie vlak gesit en sou hy skaamteloos sy oe afvee en dan weer die Britte vervloek. Ek het ongemerk die bandopnemer aan gesit en hy het begin vertel. “ I was born in Kenya and would have stayed there for the rest of my life until Uhuru came and the country became independent due to the incompetence of The British Empire who just ran away and left their citizens all by themselves. We were soldiers of the Empire when the trouble started and all of a sudden we were the enemy of the state and a few friends and I decided to leave our country and to come to Botswana. We had a very good safari business going and had to leave almost overnight and we even did not had the time to cancel our hunting bookings of the next year. I started off as a mechanic for Tony Henly and eventually as a professional hunter and had only two rifles. For the bigger critters I used a 458 and a 375 and for the rest a 3006, I shot quite a few jumbos with the 3006 with solids. Don’t try it but I did it. I broke the firing pin on my 458 and borrowed Tony’s 416 for a follow up on a jumbo. Having never shot the rifle before I did not know what to expect but I’ve seen him doing good work with it. The jumbo presented a side on brain shot which I took and I could hear the solid whining away through the trees behind the elephant. He was dead before he hit the ground. This left me amazed by the penetration of the calibre and I never gave his rifle back. I was so amazed by the 416 that I’ve decide never to use any other calibre on big game, I stuck to it until this day. When you asked me about rifles for Botswana I told you to bring the 416 because it is the only calibre worthy of going to heaven. You remember that Boertjie? Yes Oom I still remember it. I can tell you my son, I’ve bowled many a lion over with the 416, it has never let me down. Go to heaven, you will find the 416 there. To me it is the best, I will never use another rifle. You know that I have a lot of rifles, the one I use is a Rigby and there are three others but being a south paw I find the Rigby the best for me. I have shot maybe more than a thousand buffalo with it and to this day it still amazes me.” Die liefde van Selby vir die kaliber het werklik legendaries geword en baie manne sou hulle koop omdat hy so versot was op die 416. Dit was ook die geweer wat ek die meeste gebruik het en ook was ek nooit in die steek gelaat nie.
Die gesprek het na ander dinge gedraai en ons het die nuwe sjef se kos geeet wat heerlik was en op die dek bly sit en dit het begin skemer word en die diere by die watergat het meer geword en Selby kon sy oe nie glo oor die baie spesies nie. In die grootste Kremetart wat langs my huis gestaan het, het die bromvoels begin nes maak en prof het die voels se gedrag aan ons begin uitspel. Baie komplekse en interressante voels. Hulle het my altyd aan my ma se kalkoene laat dink en met die rooi sak onder die keel maak hulle n geluid wat baie soos n leeuwyfie klink wat welpies roep. Hulle het gevlieg maar sou verkies om op die grond te bly en te loop en brom. Hulle is roofdiere van formaat en ek het gewonder hoe lank Jeannie se nagape ongeskonde sou bly. Sy het n slag met diere gehad en die voels is van nature mak en die honde is belet om met hulle lelik te wees. Ek het baie bromvoels gesien by die mis van olifante waar hulle vir miskruiers sou soek en ek het hulle gesien waar hulle n groot slang gevang het en selfs skilpaaie wat vir my te groot gelyk het. Daar was min dinge wat n bromvoel nie sou vreet nie en Jeannie het aandagtig na prof. geluister en ek het geweet dat hier weer iets sou kom om te troetel en te voer en ook af te neem. Hulle is familie van die neushorings maar maak in n holte nes in n boom en pleister ook nie die wyfie toe soos neushorings nie. Hulle het skerp bekke en dit het hulle gedugte roofvoels gemaak. Jeannie het by die boesmans gehoor dat hulle baie oud word en ook oor bonatuurlike kragte beskik. Ek het hulle gesien bykans enige iets vreet en n “reccie” vriend het my vertel van een wat n personeel myn in Zambie gepik het en die myn het ontplof. Hulle snawels was skerp en lank en hulle was dus goed gewapen. Nie n man om sommer mee te speel by sy nes nie. Dit sou die honde baie gou uitvind.
Peter Williams was ook n geleerde man en die swaer van president Kghama en ons het oor sy agtergrond ook so bietjie uitgevind. Dit was altyd opmerklik vir my dat die regering net homself sou omring het met kundige mense en hoewel outokraties kon hulle altyd op die beste raad en navorsing staat maak. Dit het nie saak gemaak of die raadgewer n burger van Botswana was of nie. So het baie mense van ons land vir baie jare daar gewerk en die land met groot sukses gedien. Hulle het die regte huiswerk gedoen en die regte mense daarvoor betaal en ek dink nog steeds dat dit die sukses van die land is wat vandag nog spog met die grootste gemiddelde groei in Afrika se finansiele geskiedenis.
Prof. het ons almal en veral vir Jeannie bedank vir die tyd saam met ons en n week bespreek vir Maart die volgende jaar. Daar was so baie wat ons nog wou bespreek maar dit sou moes wag vir die komende jaar. Ek het weereens vir Peter bedank vir al sy insette en hulp met die bou van die basis en gehoop dat ons drome waar sou word om te doen wat ons moes doen.
14 Desember 1977