Lollie – (Loret Zwarts)
FEBRUARIE 2023 – BLOU PROJEK
2.Sielskos
129 woorde
Die woorde torring met my siel nes n naald en gare. Goingsak het waarde as sy inhoud hom boep pens in die stoor laat staan. My hart staan boep pens vol ritme met die woorde wat my lippe vorm . Waar die woorde dalk wegkruipertjie speel neurie ek die ritme wat my gemoed salueer.
Tussen woorde lê dankbare , kniehalter tye vir net ek en jy se onthou. Sekere musiek wat ons laat onthou aan ons broodkorsie dae, gelukkige dae van toeka tot nou. Dan skep ek vir jou nog n lepelvol onthou terwyl n glimlag om jou mondhoeke kruip . Ons lewe het waarde met daai een liedjie op die regte plek en tyd wat jy aanteken in gister se onthou.
Loret Zwarts
Junie 2023 – Winter projek
2.Winter se doodskleed
300 woorde
Seisoene sirkel om die mens tussen maande op ‘n kalender. Ons staan verbaas voor die natuur waarvan ons deel is. Elke seisoen bring sy eie bekoring asook vernuwing. So ook die mens in gedagtes en handelinge. Die winter is die maand waar koue ryp vingers alles aanraak. Water stol vriesend in ‘n voëlbak selfs die druppels wat waaghalsig hang aan die wasgoeddraad.
Die wind huil en pluk die bome kaal. Die winter skildery lê toegetrek onder ‘n vaal kombers. Koue bring ‘n doodsheid wat alles tot stof laat verkrummel. Netso is die mens. Van stof is ons en tot stof sal ons terugkeer. Ons staan ook naak voor die waarheid van ons lewens en voor God. Dit word ook winter in ons binneste waar niemand anders kan sien nie. Ons hang die grys winters kombers om ons harte as ons verlies ervaar. Selfs as ons totsiens moet sê kruip die winter en alleenheid ongenooid ons binneste in. Winter is ‘n introspeksie tyd in ons reis om die son. Liggaamlik verouder ons en soms word ons gees geknak nes die wind in storms. In ons lewens almanak beleef ons dalk meer winters hier diep binne waar trane en hartseer die son laat wegraak.
Die doodsheid van die winter wat ons beleef is inteenstelling met die winter wat kom lepel lê in ons harte. Die gevoel van moed opgee. Hulpeloosheid wat die woorde stomp in jou hart afbreek. Gedagtes wat skommel in “n donker plek waar lig somtyds wegkruip.
Gevoelens van afskeid, verlies, hulpeloosheid en wanhoop is gevoelens wat ons van vreugde stroop. Daar kom winter tydings in ons lewens wat ons kaal stroop en geskok agterlaat. Selfs dan tussen die doodsheid van ‘n seisoen en ‘n gekrenkte siel is daar altyd die hoop van ‘n splinternuwe seisoen en ‘n nuwe begin asook aanvaarding.
Loret Zwarts
Augustus 2023 – Musiek projek
1.Speel musiek ’n rol in jou gemoedstoestand
Musiek is ‘n taal wat almal kan verstaan. Ek is nie ‘n ekstrovert nie, maar musiek het definitief ‘n invloed op my lewe.
Dink jy staan in ‘n lang ry en wag en daar begin musiek te speel. Veral as dit ‘n lekker ritme het of jy ken die liedjie. Jou voete begin te jeuk, jou heupe wil vansself swaai en voor jy jouself kom kry wikkel daai tone in jou skoene.
Snaaks hoe die ongeduld wyk en jou gemoed ligter is en jy ook meer empatie met die mense om jou het.
Glo my as ek erken ek is nie die geduldigste mens nie, maar daar is altyd plek vir verbetering.
Die ritme in musiek maak woorde oorbodig as dit jou gemoed streel en ja dit het definitief ‘n uitwerking op my lewe.
Musiek is die oase vir my gemoed waar ek afgesonder woon en niemand het om mee te kommunikeer nie.
Musiek praat vlot die taal van my hart.
Dit bied vertroosting as ek na ‘n liedjie luister wat my na iemand laat verlang of ‘n plek waar ek was wat mooi herrinneringe gebring het.
Musiek stimuleer ‘n mens se goedvoel hormoon wat as serotonien bekend staan en verantwoordelik is vir jou gemoedstoestand.
Sagte musiek en kerslig het ‘n baie ontspannende uitwerking en laat mens ontspan.
Met my radio-aktiewe bestraling het die dame vir my tydens my flikkergram wat etlike ure duur sagte viool musiek gespeel met kabbelende water en voëltjies wat tjirp in die agtergrond. Dit het ‘n besonderse invloed op my gemoed gehad veral omdat ek aan entevrees lei.
Dieselfde musiek is ook uiters ontspannend wanneer mens yoga beoefen of mediteer.
Volgens my sal die lewe vaal wees sonder musiek.
Musiek is ‘n melodie in ‘n taal wat ons almal verstaan. Dis nie die woorde wat ‘n impak maak nie, maar die klank van die instrumente.
Nes musiek moet ons ook die instrumente wees wat ons hemelse Vader in Sy orkes kan gebruik.
Wees vandag die melodie in iemand se lewe om die note van omgee op jou siel te skryf .
Die strykstok van die lewe leer ons om na die musiek te luister wat uit ons eie siele manifesteer as ons net stil genoeg raak om daarna te luister.
Loret Zwarts
Oktober 2023 – KORT projek
3.Liefde in sekondes
n ‘n breekdeel van ‘n sekonde kan jy iemand se dag ophelder. Ons weet nie watse storms die volgende persoon beleef nie ons ken nie omstandighede nie.
In ‘n sekonde kan jy iemand beter laat voel oor hulself of jy kan hul total en al afbreek.
Alles gebeur in tyd waaroor ons meestal nie voorbereid is nie.
Die dood kom soos ‘n dief in die nag, ‘n ongeluk gebeur in ‘n breekdeel van ‘n sekonde.
Dit gee mens iets om oor na the dink. Stof tot nadenke.
Almal is deesdae te haastig , te blind vir ander se pyn en vreugdes.
Alles is van korte duur en ‘n mens kan tog nie verander waaroor jy nie beheer het nie. Daar is tog een ding waaroor ons wel beheer het en dit is hoe ons die mense om ons behandel.
Kies vandag om ‘ n broodjie vir die honger straatkind te koop. Glimlag vir die vrou wat teen jou vasloop of help uit jou eie waar jy sien hulp is nodig.
Die lewe is so kort dit hardloop in sekondes voor jou by die wenpaal verby.
Met alles aan tyd gebonde kom ons maak die beste van die tyd wat ons het om ‘n glimlag en omgee met mekaar te deel.
Kom ons maak die mooiste herrinneringe in die kortste tyd denkbaar . Versamel glimlagte en mooi herrinneringe vir eendag as jy nostalgies raak en besef van jou geliefdes het gedurende die lewenstrein op paronne afgeklim omdat dit so bestem was. Mense klim op dieselfde trein as jy in die lewe. Hulle doel is om in daardie kort tydperk vir jou waardevolle lesse te leer.
Die belangrikste is om lief te hê met jou hele hart en niks terug te verwag nie.
So gee ek vandag iets van myself vir julle .
In die kort oomblik terwyl ek hier skryf wil ek net vir elkeen wat hier lees ‘n boodskap gee.
“Moenie bang wees om jouself te wees nie . Leer om te gee, eers dan sal jy weet wat die woord liefde beteken.”
Ons moet leer om stil te staan, stil te word om na ons siele in ‘n gebreekte wêreld te kan luister.
Loret Zwarts
Eervolle vermelding
Die kortste sin
(194 woorde)
Die kortste en moeilikste woorde om te uiter is verseker om onverskoning te vra.
“Ek is jammer”.
Die woorde kom nie maklik oor almal se lippe nie.
Inteendeel gly beledigings en verwyte maklik oor die tong , maar om verskoning te vra word uitgerek nes ‘n slak wat oor skuurpapier loop.
Om te vergewe is een woord, maar dit verander lewens . Onsinnige getwis dryf families onnodig uitmekaar en mens verloor baie kosbare tyd.
Kom ons wees die minste en doen wat God van ons vra en bewaar die vrede.
“Geseënd is die vredemakers”.
Vrede is die mooiste woord, maar sy betekenis ken nie perke nie.
om vrede in jouself te hê maak jou nie net gelukkig nie, maar dis maklik om dit nes jou liefde weg te gee.
Gee en vrede is twee kort woordjies, maar daar is nie ‘n gevoel om dit te beskryf nie.
“Vrede op aarde en in God welbehae”.
My Oktober boodskap aan almal wat hier lees.
Kom ons wees vredemakers en leef om mekaar op te bou en nie af te breek nie. Laat liefde en vrede deur ons hande skyn in elke daad wat ons in liefde doen.
Loret Zwarts
November 2023 – OOP projek
1.Vir altyd
(288 woorde)
November hou vir my ‘n spesiale bekoring in vanaf 1992.
Ek was net twintig jaar oud toe ek een sondagaand na die erediens in die eg verbind is met die liefde van my lewe.
‘n Liefde wat ons onlangs vir een-en-dertig jaar gevier het. Baie mense beweer Oktober is die mooiste maand oor al die blomme ywerig hul knoppies oopvou om hul pragtige kleure te wys .
Vir my is dit November, die maand wat ek belowe het voor God om altyd te blom waar ek is. Ek was ‘n roosknop, maar het deur die jare ook my menswees oopgevou en die kleure van my siel gewys.
Ek het belowe om sagkens spore van liefde in mense se lewens te los om getrou te wees aan God my Vader en ook in die huwelik wat voor Hom volstrek is.
Mense kom en gaan, nes ‘n reënboog so ook beloftes.
Wees versigtig wat jy kies want elke keuse wat ons maak het verantwoordelikheid en ‘n les om te leer.
Die Jaar het voor ons uit gehardloop. Kersfees lê om die draai. Dis tyd om introspeksie te doen . Vir ‘n oomblik stil te word en te dink waar jy in jou lewe is, oor die keuses wat jy gemaak het.
Dis tyd om weer leiding te vra vir die laaste skof in die wedren van 2023.
Dis tyd om November maand te omhels met die belofte van voorbereiding vir ‘n plant seisoen vir die boere.
Meeste maatskappye sluit nou af met jaareindfunksies.
So ook op Ink word ons beloon vir ‘n jaar se harde werk om weer aangespoor en gemotiveer te word vir die volgende wedren op papier.
Mag elkeen se woorde eer en lofprysing bring aan ons Vader by wie ons kan kniel in aanbidding vir inspirasie en elke woord wat ons nederig op papier met ons naaste deel en so kan ek vra vir nog ‘n leeftyd saam met my wonderlike man. Ons is nie perfek nie, maar vir mekaar pasmaats. Jy het my nie gevra nie, maar net gevat. So loop ons grondpaaie waar ons skewe spore trap. Dit maak nie saak nie God het ons vir mekaar gemaak.
Loret Zwarts
3.Tyd om te gee
Die tyd van die jaar skarrel almal rond vir kersinkopies en dis jaareindfunksies en die lys gaan aan. Dis asof daar meer haas en minder spoed in November is.
Beplande of bespreekte vakansies lê voor die deur en so wil almal minder doen en is daar in elk geval nie genoeg tyd om alles klaar te kry nie. Belaglike duur geskenke pryk onder die kersboom terwyl ouers met ‘n drankie in die hand op hul selfone gesels.
Tog maak dit my hartseer as ek terugdink voor my pa se dood in de Aar. Daar was net ‘n matras my ma en vier kinders wat niks van die lewe geweet het nie. Haar vingers het snags by ‘n geleende kers om die gare gevleg om ‘n lappie te hekel om die volgende dag te kon gaan verkoop vir kos.
Daar was toe al nie krag nie, maar dit was nie eskom se skuld nie. Daar was ook nie water nie. Ons het snags as die bure se sproeiers aan was gaan water skep.
Armoede los ‘n letsel op ‘n mens se siel.
Vandag lyk dinge erger. Daar is ongelooflik baie mense wat by robotte ‘n geldjie vra. Daar is so baie organisasies wat skenkings soek of geld insamel. Ek het al gewonder hoeveel mense regtig die hulp kry, maar besef daar is net te veel wat hulp vra.
Ek het myself uit my nostalgiese gedagtes laat regop sit .
‘n Gedagte het in my binneste posgevat.
In plaas van om vir hoeveel mense geld te gee hoekom gebruik ons nie ons eie inisiatief en lewer anoniem self ‘n kospakkie, kruideniersware en ‘n paar noodsaaklikhede self af by verskeie mense se huise nie.
Dis heel eenvoudig. As jy nie iemand ken wat swaarkry nie gaan vra by jou kerk. Jou kind ken dalk ‘n maaitjie by die skool wie se ouers deur ‘n moeilike tyd gaan. So volg ons die voorbeeld van Jesus om iets van onsself weg te gee, nes Hy aan die kruis .
Daar is die boks projek wat Burre Burger geloods het vir elke boervrou . Boere is in droogtes en veldbrande bygestaan met voer oor die hele land . Dan is daar Nico Schamrel met die “Gebel vir ‘n Boer” projek waar hulp verleen word met plaasaanval slagoffers .
Daar is groot organisasies soos Afriforum en Solidariteit, maar een mens kan nie so massiewe projek alleen loots nie. Jy kan bydrae wat ‘n verskil sal maak of jy kan net deur om jou te kyk ‘n verskil maak.
Daardie uitreik aksie van jou gaan ‘n rippel effek het en dit sal November en Desember van 2023 soveel kinderharte blymaak om net ‘n bord kos te kan het.
Ek weet ‘n geskenk maak ‘n mens se hart bly, maar vir eenkeer neem ‘n paar rand en maak die verskil in iemand se lewe. Weet julle daai gevoel kan ek nie beskryf nie.
Dis die tweede jaar wat ek dit doen en elke keer bars my hart in duisend stukke. Daar is so baie mense wat die hulp benodig en so min mense wat die hulp kan gee, maar nie doen nie.
Kom ek vra nederig vandag vir elkeen wat hier sou lees. Kies een gesin waarvan u weet wat regtig dit nodig het en koop ‘n paar goedjies of ‘n koopbewys en gaan gee dit af. Moenie jou naam sê nie want God stel jou instaat om dit te kan doen en die eer kom Hom toe.
Ons neem ook nie fotos nie en jy gaan niks daarvan sê op sosiale media nie. Nee, dit sal jou liefde uitreikaksie wees en daarna kan jy in jou motor of by die huis die deur van jou binnekamer toe trek en sê :” Dankie my Vader, dat ek dit kon doen en dat U my seën dat ek vir my gesin kan voorsien. Amen.
As ons vandag eerlik met onsself wil wees sal ons erken dat ons dikwels onsself blind hou vir die bedelaar op straat. Wat ons vergeet is dat hy of sy ook ‘n mens met gevoelens is , dat ons nie die persoon se omstandighede ken nie. Wat ons nooit moet vergeet nie is dat ons omstandighede in ‘n oogwink kan verander want wat ons het is net genade en ons moet nooit dink dat ons te goed is dat dit nooit met ons kan gebeur nie.
Loret Zwarts
MAART 2024 – OOP PROJEK
3.Toe ons nog kinders was
“Kinders was nog kinders, toe ons nog kinders was “, heet die liedjie wat baie van ons vandag nog sal onthou.
As ons kyk na die kinders van die twintigste eeu lyk die prentjie drasties anders met tegnologie en alles wat daarmee gepaard gaan.
Ons sou ‘n interessante debat daaroor kon voer.
Kom ons onthou ons unieke era van grootword.
Ons kan nou die onthou jy nog, speletjie speel.
Onthou die telefoonhokkies wat jou geld ingesluk het .
Die poskantoor tannie wat die pos in die posbusse gesit het.
So “hop-scotch” ons oor dekades terwyl ek my kettie onthou met die albasters. Het die eerste dag in graad een alreeds ‘n pakslae daaroor gekry.
Ons het name, diere en dorpe gespeel en slangetjies en leertjies.
Wie van julle het aan die wasgiedlyn gehang en al in die rondte gedraai ?
Ons het kleilat gegooi en in die reën en modder gespeel en maesels en pampoentjies bymekaar aangesteek.
Wegkruipertjie was die lekkerste en ek Glo ons het donker kamertjie gespeel om te oefen vir hedendaagse kragonderbrekings.
Ek het huisgenoot se “centre spread” teen ons kamer mure geplak en ‘n vulpen gebruik om verandering te maak anders as vandag se “photoshop”.
Ons vriende het saam by die parkie ontmoet en daar het jy jou klasmaat uitgedaag tot “n twee geveg.
Jy’t jou bloedneus afgevee en blad geskud. Glad nie hofsake of kwaai vriende nie, nee inteendeel was dit die ouens wat die beste vriende geword het.
As jy laat was vir ete het jy nie kos gekry nie en saterdag het die seuns die gras gesny en meisies het in die huis gehelp.
Ons het “walkmans” gehad en het mini rompies en platform skoene gedra.
Laaste maar nie die minste nie, onthou julle die rubber pakkie van jou ma, wat jou ore gou oopgemaak het en van jou ‘n top atleet gemaak het as die eerste hou val ?
Onthou julle nog……
Lollie
JULIE 2024 – OOP PROJEK
3.Waar vind jy geluk
Wanneer ‘n mens gee is dit in oorvloed. Hoe meer jy van jouself gee hoe gelukkiger moet ‘n mens voel of nie ?
Mens vind daai warm ekstatiese gevoel van geluk as jy ‘n oophand het of net liefde gee en dan word jy beloon met ‘n glimlag vol dankbaarheid.
Hoe meer ‘n mens van jouself gee vind jou ook uit as jy ouer is dat dit moeilike is om gelukkig te wees.
‘n Kind is gelukkig om met ‘n kartondoos te speel hul vind geluk in ‘n stokkie lekker of om met ‘n troeteldier te speel , maar soos jy ouer word verskuif die grens van geluk.
Dit word gekoppel aan materialistiese aspekte en so word geluk ‘n langtermyn doelwit wat al hoe moeilik is om te vind.
Soek ons nie geluk op die verkeerde plekke nie ?
Het die mensdom vergeet dat geluk van binne kom en nie van buite nie ?
Hoe meer ‘n mens gee hoe leër word dit binne want iewers moet ‘n mens terugkry om jouself te vul om weer te kan gee.
Dit werk nes jou motor se brandstof tenk. Jy ry hom leeg en hy moet weer hervul word voor jy verder kan beweeg, nou netso werk geluk.
Alles wat ‘n mens in liefde doen verryk jou geestelik, maar soos met alles is dit gee en neem. Met liefde is dit gee en jy moet ook ontvang.
Met die gejaagde lewe en alles wat daarmee gepaardgaan soos meer geld, die jaag na groter inkomste, tegnologie en groepsdruk verander die prentjie daagliks. Mens soek geluk op die verkeerde plekke. Geluk en liefde begin by jouself. Jy kan nie die wêreld verander nie, maar jy kan een mens se lewe verander deur jou optrede.
Kom ons kyk om ons en begin iets van jouself uitdeel wat saakmaak.
Gee daai glimlag in die ry by die supermark vir die mense om jou al is jy haastig. Gee jou middagete vir iemand , trek jou skoene uit en gee dit vir die kaalvoet bedelaar ek belowe jou , jou hart gaan bars van geluk jy gaan nie jou voete voel koudkry nie.
Kom ons reik uit en versprei ‘n reënboog van geluk oor Suid-Afrika want ons is mos ‘n reënboog nasie.
@Loret Zwarts