Jongste aktiwiteit:

Elisma van Zyl
vir

Elisma van Zyl

Lees meer oor Elsma van Zyl

BRONSKLAS

April 2022 – En toe… projek

3.Paradigmas

Beespaadjies uitgetrap padkaarte in jou kop
jy loop soos pa geloop het
en sy pa se pa, jy ken niks anders nie
afdraaipaadjies is van die bose
bewaar jou siel ongelowige Thomas

dood bring jou by ‘n kruispad en die spore verdof
jy bevraagteken en verken bedink die seerpaaie
wonder oor Noag in die ark, Jona in die vis, Auschwitz en apartheid
wit gepleisterde grafte

Versigtig trap-trap jy nuwe paadjies uit horisonne verskyn
die sluier word gelig en toe is God se oë
al die tyd nie blou nie nie

(c) Elisma van Zyl

Augustus 2022 – My huis is my woning projek

2.Hier is huis

waar my bed is en my vrou
daar is huis, het jy altyd gesê
nou’s ons bed nog hier en ek
maar sonder jou
tog is dit nog huis
voel ek hier tuis
tussen ons storiegoed
tot ons weer ontmoet
by die hemeltroon
wil ek hier woon
met ons bed
en ons goed

© Elisma van Zyl




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed