See-Jay-El (CJ Laing)
Lees meer oor See-Jay-El (CJ Laing)
BRONS KLAS
Desember 2018 projek
Eervolle vermelding:
Slot
Stomp, die dolk
wat klief
deur die rou wond
van ‘n gekweste siel
draai, dryf, druk
dieper die lem
tot waar etter
vlak onder ou letsel lê.
Sweersels verwyt
verswelg die lug
met beskuldiging.
Die jy en jy;
die ek se pyn –
Joune en myne!
Eindelaas
hang slap hande
langs ‘n lam lyf,
en uit ‘n gebalde vuis
val die laaste veer
geruisloos –
plof op die aarde neer.
Daar is niks meer
om te verklaar
in die verhaal van
twee siele totaal uitpas
Naakte harte, kaal,
ewige gelapte skaad.
© CJ Laing 30/12/2018