Jongste aktiwiteit:

Die Bosvloer Boompie

Die Bosvloer Boompie

daar het ‘n doringboompie
uit gister se onthou
tussen boom-blaar en die bosvloer
‘n gru-moord daar aanskou

en eendag kom daarlanges
deur die lyk bos bibberblou
‘n kainsmerk wat druppend
aan my ink-tak-dorings klou

ook het die loop van jare
jou bloedspoor daar bedek
die bosvrou van die woud
se lewe daaruit gelek …

as jare kom en gaan
sal my dorings jou outhou
onthoof, gemaaide skedel-knal
het my takkies daar laat rou

© Nicola Brown




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed