Jongste aktiwiteit:

die mure brand

argeloos dryf hul saam
op die hoofstroom (waar die geld is)
sonder om te blik of te bloos (gewetensloos)
herderloos onge-erg (so asof niks hul kan raak)
sonstrale kan hul nie raak (want hul fotosinteer mos)
sterk winde waai net oor hul koppe (hul is mos verassureer)
so gaan die wolke van verandering oor die koppe van my volk
selfs inperking kon hul nie raak – die ou bietjie ontbeer
raak hul mos nie wat geld het om te kan koop
die lewe is hard – party maak dit ander nie
sal ons bourgeoisie omgee vir gepeupel
lewe jou lewe in die stand (en plek)
waarin jy gebore is (moet nie omgee nie)
solank jy veilig is (op morele hoë grond)
sal niks jou raak nie (tot die revolusie kom)
die afrika lente sal kom (skrif is aan die muur)
selfs nostradamus het reeds in 1551 voorspel
dat daar in ‘n tweeling jaar ‘n koningin van ‘n virus
in ‘n land met sewe heuwels (Italië) vernietiging sal saai
dat dit die wêreld ekonomie onherkenbaar sal verander
tog lewe die bourgeoisie asof niks verkeerd gaan nie
in gewone boere taal lewe hul met hul koppe
weg gesteek onder die sand van hul geluk
selfopgelegde bewusteloosheid
“don’t rock the boat”

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak