Die oseaan
Joviaal baljaar skepe waaghalsig
op kaalrug van wit skuimperde
sjooesp, sjooesp, sjooesp
openbaar hul van hul vaart
tartend lag ’n seemeeu kakelbont
kir, kir, kir, kir, kir, kir
swewend op kielie van wind
treiter hul wit maanhare
goedkeurend glimlag dagwaker
waar skuimperde tot ruste kom
swoegs, swoegs, swoegs
bevloei, besproei, boei dorre gloeiende strand.
© Taai Bonthuys
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Ek proe die see en die brand vd sand. Strofe “ openbaar hul van hul vaart” is egter nie vir my duidelik nie.