Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Die Vauxhall-bakkie

Deur Boetiegoed
Datum gepubliseer: 5 September 2021 Aantal woorde: 523 177 Kere gelees 3

Ds. Matie Brink was in die vroee 1970’s die NG predikant in Ladismith Kaap. Voor hy die “potjiekos koning” geword het was hy bekend vir sy baie suksesvolle Kerkbasaar “veilings”. My Pa staan toe ewe onskuldig en kyk hoe allerhande items opgeveil word toe een van die bure vir hom kom se: Andre, het jy gesien jou seun het ‘n Vauxhall-bakkie gekoop vir R50-00? Willem was toe maar in Standerd 9 en het geen bestuurlisensie gehad nie, maar dit het nie saak gemaak nie.

Toe my pa hom soek was al vort met die Vauxhall, natuurlik heeltemal onpadvaardig, maar met al die agterpaaie is daar plaas toe gery. Die Vauxhall motor is omgebou in ‘n bakkie met ‘n houtbak aan die agterkant. Wanneer ons Sondagmiddae moet “rus” dan stoot ons die Vauxhall oor die werf weg van die huis af, skakel hom aan met Petrol in die Carburettor en met ‘n mengsel van petrol en krag paraffin jaag ons oor die werf op en af op die grondpaaie. So vinnig soos die Vauxhall kan loop. So nou en dan word die Vauxhall op “nat” gras gestop om “die bande te laat afkoel”.

Saans wanneer ons by die huis kom kry ons elkeen, een-vir-een ‘n pak slae en ‘n lang preek. My Pa vat die Vauxhall se sleutels af. Dit help nie, want volgende Sondag word die Vauxhall weer oor die werf gestoot en met ‘n sleutel wat Willem van Martin se spykers gemaak het word die Vauxhall gestart en daar gaan ons weer!

Nodeloos om te se ons beskermingsengele het oortyd gewerk! Een dag ry ek, Willem en Andries weer alleen daar na Touwsberg se kant toe en die Vauxhall se brandstof raak op. Willem besluit ons moet lootjies trek wie huistoe gaan stap om te gaan brandstof haal. Twee keer val die lootjie op hom, hy besluit ons moet maar stoot. Daar kom toe twee plaaswerkers op ‘n donkiekar aan en hulle help stoot. Toe ons so amper oor die berg is skreeu Willem: Klim op en hou vas! Daar trek ons bult, berg en nou grondpad af.

Wat ons toe nie weet nie is dat Martin besig was om te ploeg op die lande en sien ons sukkel daar op die berg. Hy dink dit toe goed om vir ons brandstof agter op die trekker te laai en op te bring. Net toe ons om een draai kom, kom Martin van voor af met die trekker ons swaai arms vir dood dat hy moet padgee, want ons is oppad berg af.  Hoe ons bymekaar verbygekom het, weet ek tot vandag toe nie, maar met baie genade het ons!

Toe die afdraende opraak en die bulte weer kom, gaan staan ons in die Grootrivier en daar kom Martin baie bedonnerd by ons verbygejaag, met die boodskap ek bring vir julle petrol en julle wil my vrekmaak!

Willem en Andries het ‘n paar maande later Laingsburg toe gery (op die agterpaaie) met die Vauxhall en iewers langs die pad die “propshaft” of dryfas verloor. Die Vauxhall het onder die bloekomboom langs die ou lorrie sy rusplek gekry en my Ma kon beter slaap……




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    6 September 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 15
Kommentaar telling: 11

Ek skryf net omdat dit lekker is, want dit is soos terapie vir my.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 200 gaste aanlyn

Bydraes – Argief