Fluweel drome
Verflenterde dae is besig om koebaai te sê
en vernuwe my dorstige siel
die lang koue winter
het sy vaal jas opgehang
Want die lente is aan die kom
elke nuwe lente blom
begin knoppies vorm en stadig oopvou
dit is lieflik en mooi
Dit laat my hart warm voel
‘n nuwe storie van ‘n weer begin
gedagtes wat warrel,
dink en dwaal
Lag
Trane
Geluk
Dis ‘n bly-wees gevoel
soos ‘n mooi bos blomme
met helder kleure en geure
en die gevoel van vrede en vreugde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek