Jongste aktiwiteit:

DIE WIEL DRAAI HFSTK 19

HOOFSTUK 19

Die winter slaan vinnig toe op Bethlehem en is dit die oggend bitter koud toe Hans op sy fiets klim loko toe om die oorlaaitrein Modderpoort toe te gaan werk. Hy het maar dik aangetrek maar voel hy nog steeds die koue deur die handskoene sny soos hy deur die verlate strate ry. By die loko vertoon alles anders in die koue. Dit is of die swart lywe in die loods ook koud kry onder die bleek geel ligte in die loods toe Hans die kruiwa kom haal nadat hy aangeteken het. Hy en Jannie het n beurt terug gestaan op die rooster om die trein te werk. Modderpoort is nie die ideale afboekplek in die winter nie maar is hulle verseker dat hulle moreaand by die huis sal wees vir Marietjie se een en twintigste verjaarsdag. Jannie is juis gevra om as seremoniemeester op te treë en het Hans ander planne ook.
Hy laai die gereedskap en begin voorberei terwyl Jannie, wat ook blaas blaas van die koue aangekom het, begin olie en ghries.
Die seiltjie word sommer dadelik opgehang om die koue uit te hou en nadat hulle klaar is beweeg hulle werf toe.
Die arme kondukteur wag al vir hulle toe hulle koppel. Lyk kompleet soos n monster uit n kinderboek uit met sy dik jas en bellaklava oor sy kop. Geen pet vanmore nie, die is te koud en maak sy asem wit wasemwolkies.
Hy gee die vrag aan, 650 vir 80 asse en hardloop terug na sy warm kondukteurswa toe waar die stofie rooiwarm gestook is en die rook lui deur die skoorsteen trek.
Die vrag tel swaar op want die askaste is koud en die olie dik maar storm hulle die stasie deur met n dik wit wolk deur die skoorsteen wat hardnekkig in die koue lug bly hang. Die stasieplatform lyk koud en verlate, net die stasievoorman, ook toegewikkel in sy dik jas, op die platform om die order op te gee. Die seinhuis op die punt van platform 3 lyk of hy aan die brand is te oordeel aan die dik rookwolk wat deur die skoorsteen trek. Die arme seinwagter kry ook maar swaar want die hefbome trek swaar. Veral die wissels wat ge ys is trek bitter swaar.
Jannie vloek n slag toe hy sien dat die roetesinjaal teen hulle is en sit remme aan om voor die sinjaal te stop. Toe hulle stilstaan klim hy af om die seinhuis te gaan bel. Na n rukkie klim hy terug, blou van die koue: “Hans, kry daar n emmer warm water om oor die wissels te gaan gooi. Die seinwagter sê hy kry hulle nie gedraai nie, hulle is ge ys.
Jannie gaan staan by die telefoon en toe Hans die warm water oor die wissels gooi vra Jannie wissels. Dit gaan sukkel sukkel in die koue maar kry die seinwagter die wissels gedraai en die roetesinjaal gaan op.
Die wegtrek is maklik maar die probleem is dat hulle nie nou spoed het as hulle die bank begin klim nie. Normaal weg sal dit nie n probleem wees met so n ligte vrag nie maar vanoggend is die askaste koud en trek swaar.
2927 bring haar kant en wiegend en swaaiend onder die groot krag wat silinders toe gaan begin sy die bank klim.
Dit kraak en knars soos die meganiese stoker die vuur voer en die geroggel van die injekteur sluit daarby aan. Die geblaf deur die skoorsteen stoot n dik wit wolk in die lug in op maat van die geblaf wat die wit wolk in die lug laat bly hang. Die koplig verlig die blink spore in die vaal verlate winter landskap en die geblaf rol oor die veld. Hulle is naderhand oor die bank en is dit afdraende Slabberts toe waar hulle in die uitwykspoor tot stilstand kom en eers loko vat voor hulle begin rangeer.
Nadat hulle klaar rangeer het moet hulle wag vir n trein van voor af en is dit in hierdie rukkie wat hulle wag wat Hans die laaste tyd in stilte sit en oordink terwyl Jannie bietjie sy oë laat rus.
Bernard is nou n gereelde besoeker en gaan Marietjie baie naweke saam met hom plaas toe. Die liefde tussen hulle blom behoorlik en is Hans regtig bly daaroor.
Dit is sulke naweke wat hy en Elsabe nou gereeld by mekaar slaap as hy in is en is die liefde tussen hom en Elsabe ook besig om te blom.
Hans het ook sy eie planne vir die aand van Marietjie se mondigwording en het hy n besoek aan die juweliers winkel gebring as deel van sy planne vir die aand.
Bernard het Ramatsi toe bymekaar gevat maar kry niks uit hom uit nie, hy ontken dat hy iet met die brand te doen gehad het en dreig om Bernard by Roets aan te gee.
Die trein van voor af hardloop in en bring die stasie voorman hulle order Fouriesburg toe. Toe hulle Fouries burg nader breek die dag oor n spierwit gerypte landskap met die Malutis toe onder die sneeu aan die Oosterkim waar die sonnetjie sy kop begin uitsteek. Dit word n heelike wintersdag maar toe hulle laat die middag op Modderpoort afboek slaan die koue weer toe met die son wat agter die berg, wat agter die stasie is, sy kop wegtrek om eers weer more sy verskyning te maak.
Die ruskamers op Modderpoort is n sinkgebou en sny die koue deur alles, net die kombuis is werklik warm en sit hulle onder die kosmakery deur en klets met die Bloem fontein mense wat ook afgeboek het. Na ete gaan hulle maar moeilik kamers toe om te gaan slaap maar gaan klim hulle bibberend en klappertand in hulle beddens in.
Hulle slaap moeilik want die koue sny deur die sink en klim saam met hulle onder die komberse in maar raak hulle uiteindelik aan die slaap en sukkel die roepman om hulle wakker te kry. In die kombuis word eers bietjie hande warm gemaak en dan val hulle in die pad stasie toe om te gaan aanteken en 2927 te gaan haal waar sy rustig onder die koolsteier staan en wag.
Op Modderpoort word die kole met die hand gelaai en bly die lokomotiewe wat inkom sommer onder die steier staan dat hulle gelaai kan word. As daar n ander drywer inkom moet hy die lokomotiewe skuif om plek te maak vir sy lokomotief om gelaai te word.
Met die uitgaanslag sit hulle met dieselfde probleem as die vorige dag, die wissels is ge ys. Elke slag moet daar eers n emmer warm water oor die wissels gegooi word dat die stasievoorman hulle kan draai en dan moet hy hulle vinnig draai anders ys hulle weer.
Uiteindelik kan hulle in die pad val en begin die groot tyd hang. Die kondukteur is heeltemal bereid om saam te speel want hulle wil nie te vroeg in Bethlehem kom nie. Wie wil dan nou gaan partytjie hou en dan teen die vroeë oggendure geroep word om te gaan werk.
Op Ficksburg ontwikkel 2927 n kwaal, die omsteller reageer nie soos hy moet nie. Dit vertraag die rangeerwerk en moet daar eers reperasies gedoen word. Dit bring mee dat hulle vir nog n trein moet terugstaan en val hulle dood tevrede met hulleself in die pad na die kruising. Hulle draf Bethlehem vyf uur die middag in en teken vir seweuur die volgende dag vir n trein Harrismith toe. Gelukkig n kort rit en sal hulle weer so drie uur by die huis wees.
Toe Hans by die huis kom is hy heel verras om die meisies al by die huis te kry. Hulle het die dag verlof gevat om alles gereed te kry vir die groot aand. Marietjie is eerste by hom en wens hy haar geluk met haar verjaarsdag.
Daarna kom Elsabe aan die beurt om hom te groet. Haar warm lippe en spelende tong jaag sy bloed warm deur sy are en toe sy wegbreek is Hans weer heeltemal onder haar betowering en verdwaal hy in haar liefdevolle oë.
Dit is n groot gewoel en gewerskaf om alles reg te kry vir die aand. Tafel word gedek met kerslig en met alles gereed verdwyn die meisies kamers toe om te gaan regmaak vir die aand. Elsabe is baie opgewonde want sy kry net daardie gevoel dat Hans planne van sy eie het vir die aand, sy het toevallig die juwelier se kwitansie in een van sy sakke ontdek toe sy Hans se klere gewas het.
Bernard kom ook in die tyd wat hulle besig is om reg te maak en gaan sit hy en Hans solank in die sitkamer en gesels terwyl hulle wag. Terwyl hulle wag sluit Jannie en Ronel met klein Ronel, wat nou te oulik begin word met haar rooi hare, by hulle aan.
Elsabe is die eerste een wat die sitkamer binnetree. Die lang blonde hare is los en het sy n lang swart aandrok aan met n paar melkwit pêreloorbelle en die bypassende hangertjie. By Hans ontlok sy n lang wolwefluit toe sy voor hom kom draai om sy goedkeuring te kry. Marietjie ontlok sommer twee wolwefluite van Bernard en Hans toe sy die sitkamer inkom. Sy is geklee in n spierwit aandrok met n kunsblom in die hare. Om die prentjie af te rond het sy n tieroogstel oorbelle met n passende hangertjie aan. Glimlaggend maak sy n kniebuiging voor elkeen soos hulle haar gelukwens met haar mondigwording en beweeg hulle eetkamer toe om te gaan aansit.
Jannie is die seremoniemeester vir die aand en klap hy die eerste sjampanjebottel se prop. Almal vul hulle glase en stel hy n heildronk op Marietjie in; “Vriende, vir Marietjie is dit n groot dag in haar lewe. Dit is vir my, as n jarelange huisvriend, n groot voorreg om vanaand n heildronk op Marietjie in te stel met haar mondigwording. Baie geluk namens ons almal en mag jy vir ons almal nog baie jare se vreugde en geluk bring soos jy dit nog altyd doen”. Sy word vrolik toegesing, lank sal sy lewe.
Daarna kom die groot verrassing vir die aand. Jannie staan weer op, vul sy glasie, en kondig aan: “Vriende ons voetplaatmanne kry min genoeg kans om n aand soos vanaand te kuier. Dit is my voorreg om nou my goeie vriend en kollega, Hans se verlowing aan Elsabe aan te kondig. Baie geluk julle twee en mag liefde en geluk julle deel wees vir die res van julle lewens”.
Kinders by dosyne word hulle toegesing en steek Hans die ring aan Elsabe se vinger met n innige soen.
Marietjie is die een wat hulle rooi van verleentheid laat met haar opmerking: “Hoog tyd, ek het al begin vrees dat die eerste een van daardie dosyn dalk al oppad is”.
Die aand is vir hulle almal n hoogtepunt met n heerlike ete en is dit baie laat voordat hulle van mekaar afskeid neem want die manne moet werk more en hulle ook.
Voor sy gaan slaap trek Marietjie haar dagboek nader: “Liewe dagboek. Wat n heerlike aand en Hans en Marietjie het vanaand verloof geraak. Hoog tyd sou ek sê want hulle dink ek weet nie van hulle saamslapery as ek naweke by Bernard gaan kuier nie. Hulle sê mos van drukkies en soentjies kom kousies en skoentjies. Dit is vir my net n wonderwerk dat hulle saamslapery nog nie gevolge het nie. Ek los dit maar so want ek wil hulle nie in die verleentheid stel om hulle te konfontreer nie. Ek moet sê dat ek en Bernard mekaar ook al teen die mure uitgejaag het en ons al n keer of wat amper in die bed beland het Ek het myself belowe dat dit nie sal gebeur voordat ons nie n troudatum en verloofring aan my vinger het niewant dan weet ek hy is myne.
Ek hoor wat jy sê dagboek maar hulle geval is darem anders. Hulle ken mekaar darem al jare lank en ek en Bernard net n paar maande, al is ek hoe lief vir hom sal ek nie toelaat dat dit gebeur nie.
Ek het nog nie n duim van ons doelwit afgewyk om Boskop terug te kry nie. Ek wil more by die prokureur uitkom en sien hoe sterk staan ons. Ek weet min of meer hoeveel Elsabe sal kan bydra Augustus maand en het ons almal saam n mooi klompie gespaar in die tyd wat ons werk. Dit gaan tyd vat dagboek maar ons sal Boskop terugkry, dit gaan weer Struwig grond wees”.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed