Jongste aktiwiteit:

DIE WINKENDE DOOD HFSTK 3

Maandag begin Catherine al meer bekommerd raak omdat sy niks van Paul hoor nie. Sy begin ook bewus raak van die groeiende rustelose gevoel in haar liggaam wat sy nie kan verklaar nie. Die middag toe sy by die huis kom probeer sy Paul skakel maar is hy elke slag op stempos. Al wat sy kry is n kwaai sms dat hy besig is en sy hom nie moet pla nie. Dit ontstel haar want nog nooit het hy so met haar gekommunikeer nie en om hierdie ontsteltenis te vererger word die hunkering in haar liggaam al erger. Die volle waarheid van die naweek se gebeure begin haar nou ook tref en begin die vae bekommernis dat sy kon swanger geraak het oor die naweek haar ook nou pla.

Dinsdag gesels sy met Riana oor die vreemde gevoel in haar. Riana se verklaring is dood eenvoudig dat die naweek dalk uitputtend was en dat sy weer van die poeier moet gebruik om haar energie vlakke aan te vul. Catherine val vir haar storie en het nog nie die vaagste vermoede dat Riana besig is om haar te verslaaf nie.

Pouse word daar weer n transaksie in die toilet beklink en kan Catherine nie wag om by die huis te kom om die pille fyn te maak en van die wit poeier te drink nie. Sy kom eers, nadat sy die middag die wit poeier gedrink het, tot rus en gaan die vreemde hunkering in haar weg. Die mandrax het binne n paar minute sy volle effek en voel dit vir haar of sy wegsweef. Sy voel of sy op die wolke dans en ver weg van die werklikheid van hierdie wêreld, waar niemand vir haar omgee nie, is. Haar kamer begin draai om haar en dit is n heerlike gevoel wat in haar posvat.

Die hele week probeer sy Paul kontak maar hy reageer nie op haar smse nie. Hy reageer ook nie op facebook nie en as sy hom probeer bel antwoord hy haar nie, Vrydag kry sy n kwaai sms van hom af dat hy nie meer in haar belangstel nie en dat sy te jonk is vir hom. Hy voel sy moet haar tot haar eie ouderdomsgroep bepaal. Dit was goed om haar te ken maar sy moet vergeet van hom.

Dit is n verbitterde Catherine wat Vrydagaand in die bed klim nadat sy van die wit poeier geneem het om haarself te kalmeer. Die wit poeier is besig om haar beste vriend te word want dit help haar van haar hartseer vergeet en voer haar weg na n vreemde wêreld.

Vir drie weke lank gaan Catherine hel deur. Sy is te skaam om by haar vriendinne te kom want vir haar voel dit of die hele wêreld weet van wat gebeur het en is daar die knaende vrees van swangerskap na die naweek saam met Paul. Sy probeer wel studeer maar slaag nie daarin om te konsentreer soos sy moet nie. Sy studeer nie lank nie dan oorval n lomerigheid haar en dan wil sy slaap.

Toe haar maandelikse tyd normaal aanbreek is dit vir haar n groot verligting maar dit is egter van korte duur omdat die volgende probleem haar in die gesig staar. Die afhanklikheid van die mandrax begin nou sy tol eis en het sy al meer geld nodig om mandrax by Riana te koop. Dit bring haar volgende groot bekommernis mee, hoe om geld te kry om vir haar mandrax te koop. Haar pa gaan begin vrae vra want sy begin al meer geld vra en sal sy nie kan verduidelik waar die geld heen gaan nie.

Daar sal ander planne gemaak moet word om geld te kry vir die pille. Dit is toe n gedagte by haar opkom, sy het nog drie selfone wat sy nie meer gebruik nie, sy sal hulle gaan verkoop, dit sal weer n rukkie help, veral met die vakansie voor die deur moet sy genoeg mandrax koop om haar die vakansie deur te sien.

Antoinette kom die verandering agter en besluit om een middag met haar dogter te gesels. Sy tref haar dogter met haar neus in haar boeke in haar kamer aan. Dit stel haar in n mate gerus want sy is die laaste tyd bekommerd oor Catherine. Dit is vir haar of Catherine besig is om te verander, Catherine raak senuweeagtig, dit is of sy soms aan die slaap lyk en het sy nou al n paar keer n vreemde uitdrukking in Catherine se oë opgemerk. In haar wildste drome het Antionette egter nog nooit daaraan gedink dat haar dogter verdowingsmiddels kan gebruik nie.

Sy besluit om n rukkie by Catherine te gesels en gaan sit op die bed by haar en laat haar oë deur die kamer gly. Tipies tienerkamer met “posters” van die jongste popsterre teen die mure geplak. Teddie beer op die bed en mooi goedjies op die spieëltafel.

Sy gaan sit by Catherine op die bed en neem haar hand in hare: “Catherine ek weet ek skeep jou baie af die laaste tyd. Ons is baie besig op kantoor en kry ons nie werklik tyd vir gesels nie. Ek kom agter daar is n verandering by jou en ek wil weet wat die probleem is. Wees openhartig met my Catherine”.

Catherine het nie regtig vir haar ma n antwoord nie en al wat sy kan sê is: “Ma ek maker niks nie. Dit is seker maar die spanning van die komende eksamen wat bietjie op my senuwees werk”.

Na die gesprek verlaat Antoinette haar dogter se kamer. Sy voel nou meer gerus oor Catherine want dit is tog of Catherine meer ontvanklik vir haar gesprek was, min wetende dat Catherine nou alleen in haar dwelm verslawing voortsukkel

Die vakansie kom nader en moet Catherine n plan maak om genoeg mandrax te bekom om haar die vakansie deur te sien. Sy moet nou die selfone verkoop om genoeg geld te kry om n groot genoeg voorraad mandrax vir die vakansie te kry. Maandag na skool kan Catherine nie vinnig genoeg by die pandjieswinkel uitkom om die drie selfone te verkoop nie. Sy kry nie vir hulle wat sy verwag het nie maar saam met n deel van haar sakgeld behoort sy genoeg mandrax te kan koop om haar die vakansie deur te sien as sy die gebruik bietjie beperk. Daarna sal sy ander planne moet begin maak, wat weet sy op hierdie stadium nog nie.

Sy waarsku Riana voor die tyd om vir haar genoeg vir die vakansie te bring maar Riana is bietjie bang om soveel mandrax skool toe te bring. Sy spreek met Catherine af om na skool saam met haar huis toe te stap en kan die transaksie eerder daar beklink word. Sy is alleen by die huis en dit is doodveilig daar.

Sy stap die middag saam met Riana huis toe, wat nie ver van die skool af bly nie, en kuier sy n rukkie by Riana wat begin wonder of haar kliënt nie ryp is vir iets sterker en dus meer geld sal inbring nie. Catherine wil egter nie byt aan haar voorstel nie en is heel tevrede met die mandrax transaksie wat beklink word.

Die volgende paar dae verloop heel rustig, Catherine begin al meer leer wanneer om mandrax te gebruik voordat die onttrekkings simptomes begin wat haar kan verraai maar begin die verslawing nou in alle erns sy tol eis. Die pouses tussen gebruik word al korter en gebruik sy dus meer mandrax as wat sy verwag het en dit begin haar bekommer en begin sy neerslagtig raak.

Die aaklige wete dat sy vasgevang is in die greep van mandrax dra geensins tot haar gemoedstoestand by nie en begin die mandrax al meer haar ontvlugting van die werklikheid word. Dit word al meer haar veilige wêreld waarin sy van die waarheid van die lewe kan ontsnap om in n droomwêreld van swewende drome te verkeer.

Die eerste twee dae van die vakansie is sy op haar eie voordat Anneke van die universiteit af huis toe kom en is dit een van hierdie oggende wat Catherine Scholtz weer, nadat sy gestort het, voor haar spieël haarself sit en beskou, baie aandagtig want sy wil seker maak dat daar nie enige liggaamlike tekens is wat haar aan Anneke sal verraai nie. Onder die stort het sy met n skok besef dat sy gewig verloor het. Anneke is n mens met n fyn oplettendheid en sal baie maklik agterkom daar is iets verkeerd en wat dan. Anneke sal na haar ouers toe gaan en met hulle praat as sy iets agterkom.

Die eerste wat Catherine agterkom is dat haar oë se pupille groter is as wat dit was. Dit bekommer haar egter nie, wat haar bekommer is die baie ligte vlekke op haar vel. Een of ander tyd gaan Anneke dit raaksien en wat se verduideliking gaan sy dan hê.

Wat Catherine verder bekommer is die naarheid wat sy begin ondervind as sy te lank sonder die mandrax is en dat sy begin agterkom dat sy bewe, simptomes wat weggaan sodra sy van die mandrax gebruik het. Sy kan saans ook nie meer aan die slaap raak as sy nie mandrax gebruik het nie, sy lê dan en rondrol en begin stuiptrekkings kry. Dit laat haar die stryd verloor en dryf haar na die mandrax toe om net tot rus te kan kom.

Die tempo waarteen sy die mandrax gebruik begin ook versnel want sy moet meer gebruik sodat haar senuweeagtigheid kan bedaar en sy haar nie self weggee nie. Hierdie versnelde gebruikstempo maak haar baie bekommerd want dit beteken dat haar voorraad nie die hele vakansie gaan hou nie en waar gaan sy die geld kry om nog te koop. Sy kan nie haar pa vir nog geld vra nie want hy sal begin vrae vra wat sy nie kan antwoord nie en dit gaan hom net begin agterdogtig maak.

Catherine begin in opstand kom teenoor haarself, as sy haarself beskou. Hierdie is nie die tipe lewe wat sy wil hê nie, maar hoe gaan sy daarvan ontslae raak. Sy voel eensaam en alleen want vir haar voel dit of sy nêrens heen het om te kan vlug vir hulp nie.

Dit is n moedelose Catherine wat in trane uitbars want sy moet teenoor haarself erken dat sy besig is om haar eie lewe te verwoes maar sy weet nie wat om te doen nie. Dit is of die gesig wat in die spieël vir haar terugstaar ook besig is om ouer te word, sy ken haarself nie meer as die pragtige sorgelose meisie wat sy gewoond was om te wees nie.

Catherine staan op, kyk vir oulaas vir haarself, trek haar kamerjas aan en gaan druk uit desperaatheid n bietje van die wit poeier. Dan gaan lê sy op die bed om aan die slaap te raak met die seker wete dat sy verslaaf is. Die wit poeier doen sy werk en spoedig raak sy weg in n droomwêreld van sy eie wat die mandrax voortbring.

Terwyl sy lê en slaap stop Anneke se Eos voor die deur, kort op haar ouers se hakke van die werk af. Gelukkig maak die gesels met die groetery haar wakker en kan sy vinnig n rok oor haar kop gooi en vorentoe gaan om Anneke ook te groet en te verwelkom.

Duidelik bly dat sy dogter by die huis is besluit Johan dat die hele gesin die aand gaan uiteet. Dit is tydens die ete wat Catherine haarself begin verraai en Anneke laat begin wonder. Catherine se gedagtes is elders kom sy agter, maar wat haar verder aan die dink sit is die feit dat Catherine nie veel eet nie, sy sit meer die kos en deurmekaar krap asof sy geen eetlus het nie.

Op Anneke se vraag hoekom sy nie eet nie antwoord Catherine haar dat sy die middag laat by die huis ge eet het omdat sy honger geword het. Anneke laat dit daar maar die vae onrus dat daar fout met Catherine is het klaar by haar pos gevat.

Vir Catherine raak die aand n marteling. Sy begin ontrekking simptomes ervaar en begin senuweeagtig word. Haar hande begin liggies bewe en sy begin lig sweet. Anneke merk dit op maar besluit om niks te sê nie, sy sal more met haar suster gesels.

By die huis gaan sit Atoinette en Anneke in die kombuis om koffie te maak en te gesels terwyl Catherine gaan slaap en die mans studeerkamer toe Anneke val dadelik met die deur in die huis: “Ma, wat is fout met Catherine? Sy het vanaand skaars ge eet en ek het agtergekom dat haar gedagtes nie by ons is nie. Haar optrede was later baie senuweeagtig en ek moet sê sy is nie die Catherine wat ek ken nie. Iets is verkeerd met haar en ons sal moet uitvind wat skort”.

Antoinette sit lank en nadink voordat sy Anneke antwoord: “Anneke ek het ook die laaste tyd agtergekom dat daar iets verkeerd is met Catherine. Onlangs het ek haar uitgevang dat sy die vorige aand op n kuierplek gedrink het en vir my gelieg het dat sy by n vriendin slaap. Dit was egter net eenkeer. Ek het ook met haar n gesprek gehad en het sy my verseker dat dit maar net die spanning van die komende eksamen is wat op haar senuwees werk”

Anneke skud haar kop: “Nee ma, ek sien dat sy gewig verloor het ook. Daar is iets anders verkeerd en ek dink ons met haar by n dokter kry vir n deeglike ondersoek. Daar is dalk liggaamlik iets met haar verkeerd en ons moet vasstel wat dit is”.

Met die besluit om Catherine by n dokter te kry gaan die twee later slaap. Anneke sê egter niks dat sy vermoed dat Catherine dalk verdowingsmiddels gebruik nie. Op universiteit is daar van die studente wat verdowings middels gebruik en sy ken die simptome daarvan baie goed en Catherine toon duidelik dieselfde simptomes.

Vroeg die oggend, net nadat Antoinette en Johan weg is werk toe staan Catherine op en tref haar suster in die kombuis aan. Sy maak vir hulle koffie en gaan sit by haar suster om met haar te gesels. Sy het bietjie wit poeier gedrink voordat sy kombuis toe gekom het en is dus redelik kalm want sy het genoeg gedrink om haar te kalmeer met die hoop dat Anneke niks sal agterkom nie.

Eers gesels hulle oor Anneke se universiteitslewe en oor algemene dinge en dan vra Anneke haar: “Catherine, ek is bekommerd oor jou. Ek het gisteraand gesien jy eet omtrent niks en ek kan sien jy het gewig verloor. Wat is fout met jou, jy is net nie jouself nie. Ek het ook gesien dat jy senuweeagtig begin raak later in die aand”.

Dit is wat Catherine gevrees het en skrik sy haarself asvaal. Anneke swyg egter en wag duidelik op n antwoord van haar kant af en sy sal nou vinnig moet dink aan n antwoord. “Ek weet nie Anneke, ek dink dit is maar oormoeg van lank studeer vir die eksamen wat my uitgeput het. Dit was n baie moeilike eksamen en ek moes hard studeer”.

Catherine word lam toe sy Anneke hoor sê: “Catherine ek gaan vir jou n afspraak by die dokter reël sodat ons kan uitvind wat met jou verkeerd is dat jy so gewig verloor en ek sien dat jy ligte vlekke het. Iets is verkeerd met jou en ons moet werk maak daarvan voor dit te laat is en ons bitter spyt daaroor is”.

Toe dit tyd word vir Catherine se doktersafspraak gaan laai sy vir Catherine op om haar dokter toe te neem. Die spreekkamer is stampvol en moet hulle n uur lank wag voordat dit hulle beurt is om die dokter te sien. Terwyl hulle wag praat hulle nie veel nie en toe Catherine ingeroep word gaan sy saam met haar in. Weer moet hulle n rukkie sit en wag voor die deur oopgaan en dr.Amelia de Klerk die kamer binnekom om hulle te sien. Sy groet hulle vriendelik terwyl sy die Scholtz familie leêr oopmaak en verneem waarmee sy kan help, die Scholtz familie is nie gereelde besoekers by haar nie.

Anneke open dadelik: “Dokter ek is bekommerd oor my suster. Dit is vir my of sy gewig verloor het en dit is vir my net of sy baie senuweeagtig is. Sy eet skaars en dit is vir my of sy in haar gedagtes nie by ons is nie, sy is in n ander wêreld van haar eie”.

Catherine sê niks en op die dokter se versoek begin sy uittrek en gaan lê op die bed agter die afskorting op die dokter en wag wat vinnig weer uitglip om n ander pasiënt af te handel. Dan is sy weer terug om haar volle aandag aan Catherine te gee. Eers vrae sy nie vrae nie, sy lig in Catherine se oë, kyk in haar keel en haar ore, neem haar bloeddruk en polsslag twee keer om haarself te oortuig dat wat sy waarneem reg is. Die polsslag is te vinnig en dit is toe sy na Catherine se hart luister en die ook te vinnig klop wat sy begin bekommerd raak, hier is iets groot fout met Catherine. Sy besluit om bloed ook te trek om weg te stuur vir ontleding maar in haar agterkop weet sy dit, hierdie meisie is verslaaf aan dwelms. Sy gaan egter nou niks sê nie, die bloedtoetse sal dit wel wys. Toe Catherine klaar is vra sy haar n paar vrae en stuur sy haar uit om alleen met Anneke te gesels oor haar vermoedens.

Toe Catherine uit is val Amelia dadelik met die deur in die huis: “Anneke ek vermoed baie sterk dat jou suster dwelms gebruik. Ek kan nie sê hoe lank nie en ook nie wat se soort nie. Dit sal die bloedtoetse vir ons sê en dit sal my ook n redelike aanduiding gee van hoeveel sy per dag gebruik en hoe lank sy al verslaaf is. Ek sal julle bel sodra die uitslae hier is. Ek glo dit sal Maandag wees maar moet nie met haar praat voordat ons nie die resultate terug ontvang het nie. Dan sal julle almal my moet kom sien want dan sal die volle waarheid moet uitkom sodat ons kan besluit hoe ons haar gaan help. Sy sal haarself nie kan help nie, sy sal dalk na n sentrum toe moet gaan vir rehabilitasie”.

Vir Catherine word dit n naweek van hel. Alhoewel niemand haar konfontreer oor die doktersbesoek nie weet sy dat die waarheid Maandag tevoorskyn sal kom.

Gelukkig kom Anneke se vriend die naweek kuier wat die aandag bietjie van haar aftrek en neem Pieter haar die aand uit wat ook hel word. Hulle kom vroeg huis toe omdat sy n hoofpyn ontwikkel het en kan sy nie gou genoeg by haar wit poeier kom toe sy by die huis kom nie.

Anneke se vriend kuier die hele naweek by hulle en is almal se aandag meesal by hom om hom te laat tuis voel. Dat hy en Anneke erg verlief op mekaar is duidelik en dit herinner haar aan haar verlange na Paul wat haar misbruik het en soos n ou lap weggegooi het nadt hy sy doel bereik het met haar.

Elke slag vind sy haar ontvlugting in die wit poeier en raak sy bekommerd dat sy te min het vir die vakansie.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed