O Here ! Hoor!
Toe die nag uitvloei deur die
uurglas se spleet het die dag
op die grond geval en die tyd
van die dag is nie gemeet aan
die son wat in die middaguur
stil gaan staan nie.
En die gees van die wind het
die nuwe botsels bruin geskroei
en dit saam met die aarde laat
verdor totdat die berge skor
moes uitroep: “My God – my God
ons is verlaat!”
Maar die stem van God het opgeklim
uit die bar aarde:”Vir My is dit wat
tydelik is van geen waarde – jy moet
My Naam uitdra sonder dat iemand daarvoor vra.”
“En berg jy wat kla word verminder tot niks
en jy molshoop wat tevrede moet wees met
niks meer as grond en stof nie word verhef
– Majestieus, groot oor die ryk, groen aarde.”
Die soel bries belaai met vog
het sy tog aangepak deur die
uurglas se spleet waar die nag
op die grond neer sou val is die
tyd van die dag gemeet aan die
misreen wat die aarde benat om die
dorheid uit die molsberge weg te vat.
En die sagte bries het oor bloeisels
nuut in bot gestreel. Toe het die berge
uitgeroep: “Here God hoe groot is U nie!”
en die stemme van die engele het in koorsang
geklink ver bo die aarde na die hemelboog
en die naam van die Grote God verhoog.
© Zymrly 18/10/2011
2 Kommentare
-
neels
seker een van die pragtigste liedere wat daar is hoe groot is U
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Evelyn van der Merwe
Sjoe ek het 2 keer gelees. Pragtig inspirerend uit jou pen.