Onverstaanklank van woorde.
Tussen die dorre stoppels van onmagwoorde
dwarrel daar dwarrels in my om nie te kan sê
wat die verdiepte musikale akkoorde
van my hart se klop voor jou voete neer wil lê.
Maar, my hartlam, onthou jy nog die maan se skyn,
die weggee van sy goud as glorievolle pand
en ons beloof om liefwees nimmer te laat kwyn?
Waar dan dié enkelspoor op liefdelose strand…?
7 Kommentare
-
borrels
So mooi ... "wat die verdiepte musikale akkoorde van my hart se klop voor jou voete neer wil lê."
-
Arnold
Te reg, wanneer dit by liefde kom dan is die woorde ook maar stom.
-
Evelyn van der Merwe
die weggee van sy goud as glorievolle pand Hierdie is een van jou bestes. Pragbeskrywings gebruik.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Zymrly
Ek hou van die gedig.