
Liefde se voetspore
In die reënwoud se klam
het twee voetspore gehang
in die watte van groenmos
afgeêts, vasgevang
In die wolke se blou-grou
kon soet spookasem- wind
gedagtes van gisters
stokkie-taai verbind
Met grys gruispad se grof
stapel klippe reeds gekou
tussen kosmos daarneffens
wieg weelde – beelde onthou
Langs die spierwit geraamtes
op Skedelkus se strand
dans droomvang dwergies
want hul vlerke verbrand
Hoog bo die hoogste piek
vryval visarend, sweef alleen
as hy toneel sekuur aangluur
van voetspore vol gereën
6 Kommentare
-
-
borrels
Jy gebruik pragtige beelde Evelyn.
-
neels
stem saam met zym, n opvolg is nodig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Zymrly
Hierdie gedig voel vir my so of hy 'n opvolg kan kry. Ek hou van die afwagting wat jy skep deur die gedig.