Joburg gen se stoel
Sit of staan
Op n stoel of teen n raam
Die noodlot van pyn
Versamel ons saam
Verband of toerniket
Is hier die etiket
Vertel die storie van die lewe se wet
Ouderdom van een tot n honderd
Die traan in jou oog
Spreek van pyn verwonderd
Die rook aan jou klere vertel jou storie
Dat ek en jy bidvra na God se Glorie
Die vraagteken van jou geboee figuur
Roep na ingrype van die Goddelike uur
Verlore in eie verhale en traktate
Sit jy stil hier en oordink jou eie state
Wit en swart, bruin en geel
Kan ek tog God se Genade met jou deel?
Afwagtend vir die roep na jou naam
So sal ons ook voor die Wit Troon staan
O, my vriend, ek sien verlange in jou mens
Sal jy tog hier uitstap met meer as die dokter se wens?
3 Kommentare
-
Zymrly
Hierdie gedig lees goed. Waak net teen al die hoofletters aan die begin van elke sin veral as daar nie leestekens teenwoordig is nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
ja, ons is almaar net mens. goed geskryf :-)