Jongste aktiwiteit:

Fokus

rusoord goed
staan, lê wag om
gekarretjie te word
na ń oudag oplossing

familie staan eenkant
die verskoning
ma is oud genoeg om
in eie reg weg te kom

in buurman waenhuis
herbou pa ń nuwe ou kar
vir sy sinnelose droom om
die wêreld in te vaar

by eie huis
spoeg pype grond
die fondasie kraak sleg
onder my eie vlerk

© Koos Elsum




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed