Jongste aktiwiteit:

Verlang

Wanneer mis die bosbegroeide klowe sluier
tot grys-eentonigheid van rookvaalskemerblou
en die veergoed koudnog tussen lower luier,
verraai verlang na wís my sielsverlang na jou.

En o, die klamkoud-twy’ van wasig-skemering
wat waansin, onsin oor my aardse tentjie pluk,
word aans die dofwees van ‘n skaduskemering
oor al die selfverwyt wat swáár as las my druk.

Maar dan, my liefling, word ‘yeserdays tomorow’
as soete drome van weer saamwees my oorval;
word gisters puur weer beelde van volmaak-onthou;
jou kusse reine liefde wat vloksag oor my val…




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed