Môre is nog n dag
Sekondes tik ongeduldig
ure stap verby soos blits
‘wyl ons in annerdag
se skadu’s
nog slaap nog sluimer
nog tyd verkwis.
Deur die klankgrens
van verlore tyd,
vlieg kosbare jare
voor jou oë verby
Later kom spyt
jou van agter
met die stiegriem by
oor wat jy gedoen
of dalk nié gedoen het nie.
En môre
as dit te laat is,
wonder jy vol selfverwyt
waarom jy ń stryd verloor het
wat jy nié met hart en siel baklei het nie.
4 Kommentare
-

Inkmoderator
Loretta, Ek dink jy het 'n pragtige gedig aangebied. Daar is werklik niks (of weinig) wat ek hier kan byvoeg of wegneem. Ek sal voorstel jy skryf "annerdag" sonder die aanhalingstekens. Dis die enigste voorstel. Baie dankie vir jou deelname. Skryfgroete IM
-

Koekekranka
Inderdaad filosofies-opvoedkundig en goed aangebied.
-

Viooltjie
Goed gedoen, Loretta :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
- Opa, hoekom het jy nie professor geword nie? - Juis daarom, Kinta. Dus sê ek julle altyd ,Doen dit nóú, kinders, doen dit nou!' Wat jy vandag versuim, gaan jy eendag berou. Dankie, Loretta, GvT