Jongste aktiwiteit:

Digter

Woorde soos dié het my omtower
êrens in ‘n ewigheid verban
na die waters van Bethesda
waar letters
soos engelvlerke om my flap;
my tydloos horison
oor ‘n ewenaar van enigmas.

Selfs in die nanag
dwaal my gedagtes
om die smal poorte van woorde
om halfrym en volrym
tot verse te vorm.
Woorde soos dié maak my vry
balsem my siel
tot ek weer nuwe lewe kry.

© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed