
Geskenk van God
Want my lewe het in haar siel ontwaak
(God se offerlam aan elke kind)
sy het my gelei, geleer gesond gemaak
vir my geveg, gebloei en gehuil
op die ritme van haar liefde
dans ek deur my bestaan
my erfenis in my bloed
‘n eenheid wat kind sal ken
en geen eggo kan ontken
haar liefde galm in my spore
van bababekkie tot by die hemel se hekkie
onvoorwaardelik
onmiskenbaar
onontbeerlik
“dankie Here”
vir ‘n mamma soos myne.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei Moedersdag/Vonkfiksie projek