Lied van die wind
Sal jy vir my ‘n lied kan sing, wind
noudat my stem stilte soek
sodat ek woorde kan vermenigvuldig
(omdat)
bloed deur my are druis
(want)
die lewe is soos ‘n lied
wat vasgroei aan tyd
om warm klanke
teen die heelal te hang
(sodat)
ons ook kan sing
oor
a
l
l
e
s
wat die wind vir ons bring
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.