Gevonnisde kwas
Dali het vir my gekyk
met sy gesluipte meesters-oë
vasgevang in surrealisme
‘n donkie wat ‘n esel kou
ek wil myself toesluit in ‘n kas
vol bloeisels vol kleur
met jakaranda voor my deur
wat pers uit bloei
tyd staan vloeibaar stil
Radio liedjies
lewe verby sing
Got sunshine in my pocket
Dali staan kaal dans
knip oog vir Gala
Picasso lê opgevou
in sy Cubist mou
ek wonder is dit waar?
is daar ‘n party in die hemel?
hoeveel keer ‘n dag het ons seks?
is daar nog ‘n koue bier?
in die yskas?
belydenis vir my kwas.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.