harde klanke
wanneer die kakofonie van klanke om my bars
rek en krimp my bloedplaatjies verwoed op hul mars
brand suurstof borrels witwarm deur my spiere
smag my droë longe na die vars seelug
vervat my gedagtes hul beginpunt
versnel my siel weereens
sy lewensreis
na êrens
of dalk nêrens
©Teárlach.