houbaar
aanhouer wen
dit lê in murg en been
uithou en aanhou tot dit oor is
die laaste pylvak in sig met asem
wat hortent saamtrek na oefening
die ou are wat verbrokkelend kraak
allerhande voorspooksels wat verskyn
gevoelens wat spook soms onrein
vergewe en vergeet is moeiliker
as aanvaarding van verandering
wat enigste konstante is in vandag
afsluiting van eras, kwarteeue
honderde, duisende jare van
geskiedenis maak, en vergeet
doelbewuste toesmeer daarvan
om “die regte ding” te doen
bepaal deur huidige heersers
herskryf van geskiedenisboeke
oorskryf van kulturele waardes
deur stelselmatige indoktrinering
van ‘n jeug wat nie beter weet
hierdie werklikhede kan nie hou
geen houbaarheidswaarde
ontmaskering is aan die kom
die skrif is aan die land se muur
soldate marsjeer reeds luid daar om
die mure wankel onder Sy gelid
wat houbaar gelyk het
is nou net gloeiende
kole tot verbrande as
alles sal moet vernu
uit die stof en as
van gister en
vandag
om mộre
te bring
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.