Jongste aktiwiteit:

Hy leef vir ons

Hy leef vir ons

Koue klippies knars onder die voet
stadig strompel-steier die klein begrafnisstoet
na daar waar ʼn ronde klip weggerol is
sodat spelonk lêplek kan wees vir sy laaste rus.

Voor die Sabbat begin word die steen terug gerol
hul harte gebreek, en hul trane rol
niemand rus op die Sabbatsrus
niemand is daar om hul vrese te blus.

Dan breek die eerste dag van die week aan
die vroue het eerste na die Rabbi se graf gegaan
daar gekom is die graf weggerol en die graf is leeg
ʼn engel vertel die vroue hul dat Jesus leef.

Niemand glo hul toe hulle vir die dissipels vertel
Petrus en Johannes gaan self om die waarheid vas te stel
maar eers toe Jesus die aand aan sy dissipels verskyn
sal almal behalwe Thomas se twyfel verdwyn.

“Hy leef, Hy leef!” probeer hul Thomas oorreed
maar sy hart is gevul met ontroosbare leed
eers toe Jesus verskyn en nooi: “Kom steek jou vinger in my wond”
word die gebroke hart van Thomas waarlik gesond.

“Hy leef, Hy leef!” sê ek vandag vir jou
om versoening te bewerk vir ons wat berou
om vrede te bring tussen ons en God die Vader
sodat ons sonder oordeel en vrees tot God kan nader.

© Stephan Uys 2018/06/17




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed