Jongste aktiwiteit:

Januarie 2024 OOP projek

Beste INKers

So breek 2024 aan en is my wens vir elkeen van julle ‘n jaar van voorspoed en guns. Mag elke taak wat jy hierdie jaar aanpak voorspoedig wees, “en tog in die geval waar ons faal, laat dit gebeur terwyl ons uitmuntend strewe sodat ons siele nie tussen die koue en skugter siele sal wees wat nooit oorwinning of nederlaag geken het nie” *.

Hierdie maand is die PROJEK totaal OOP en SONDER ENIGE VOORSKRIFTE.
Konvensionele voorskrifte soos spelling en taalversorging geld egter steeds.

Maak jou skrywershart, in jou eie stem, op jou eie pas en teen jou eie teiken, leeg.

Voortreflike mense skryf in Afrikaans!
Innoverende skrywers doen dit, sonder skaamkry of swaarkry tot hul dit klaarkry, in AFRIKAANS.

Lekker skryf.

Skeppende groete
PROJEKBESTUURDER

*Parafrase (vryvertaal) T. Roosevelt “Man in the arena”

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed