Jongste aktiwiteit:

Julie 2019 projek – ‘n reis in tyd

Neem die INK-lesers op ‘n tydreis met jou inskrywing vir die Julie-projek. ‘n Reis in Tyd

Wees kreatief: besoek musiek, films, plekke, mense of gebeure. Jy kan die leser ook op ‘n tydreis na die toekoms neem.

• Gedigte:
Nie langer as 20 versreëls nie.

• Verhale:
Nie meer as 600 woorde nie.

• Rubrieke:
Wend humor in jou skryfstuk aan.
Nie meer as 300 woorde nie.

• Artikels:
Koppel die hooftema aan enige onlangse nuus.
Nie meer as 200 woorde nie.

Onthou asseblief om jou woordtal aan te dui by elke afdeling. Geniet die projek!
Ek sien uit om julle vaardigheid te beleef. Skryf in Afrikaans – dis die mooiste stem! Lekker skryf; maak my trots! Skryf in Afrikaans, dit het vlerke.

Bly warm en geniet die projek!

Groete
Ink-Moderator

*ONTHOU SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed