Jongste aktiwiteit:

Drome en ideale,

Ons drome en ideale.
Wanneer ons op hierdie pad van enkelingskap bevind dan is ons geneig om oorweldig te voel oor die gebeure, die hartseer en al die finansiële probleme wat ons ondervind as enkellopende vrou. Dit is dan wat ons die belangrikste eienskap van ons menswees vergeet. Ons drome en ideale. Hierdie drome gee ons die energie en voeding om aan te beweeg. Om rede te vind vir ons bestaan. In hierdie tyd word jy met baie eerstes gekronfronteer. En het jy ook die geleenthede of tyd wat jy andersins nie sou gehad het. Dit hang net af van jou benadering.

Wat is drome: ons onderbewussyn vertel sy eie storie. Hetsy in prentjies of gedagtes wat dan opkom tydens slaap. Die tyd wanneer ons rustig is en daar geen buite invloede ons kan besig hou nie.

Elke mens droom 3 tot 6 keer per nag, almal kan net nie hul drome onthou nie. Alhoewel dit partykeer voel asof ‘n droom lank aangehou het, het studies bepaal dat drome gewoonlik so tussen 5 en 20 minute duur. Drome wissel van persoon tot persoon. Drome word beïnvloed deur jou omstandighede, jou lewe, mense wat jy ontmoet, jou vrese en verwagtings. Drome is gewoonlik simbolies van aard en kan ‘n rigting aandui of jou waarsku teen moontlike gevaar. Die vraag is hoe jy ingestel is op jou drome?

https://voelgoed.co.za/drome-en-wat-dit-moontlik-kan-beteken-2/

Martin van der Merwe skryf in sy boek: Hoor God Droom Woordeboek “Die interpretasie van drome en visioene is ‘n profetiese aksie. Jy moet daarom verstaan dat die antwoord in ‘n geestelike verhouding met God lê, en nie in die letterlike interpretasie van die simbole in die droom nie. Dit is baie belangrik om dit goed te verstaan, die vyand sal sy bes doen om jou te mislei en die drome en visioene wat jy van God ontvang, verkeerd te verstaan. 2Pet 1:19-21”

https://www.exclusivebooks.co.za/product/9780987036230

Wanneer die lewe ons allerhande “curve balls” na jou gooi, is ons geneig om eerder die drome te interpreter soos ons dit sien en verloor ons die belangrike boodskappe daarin. Of ignoreer die droom totaal en al en op die ou einde word ons afgestomp en rigtingloos. Tydens my pad het ek nie meer myself die luukse van drome veroorloof nie en heeltemal afgeskakel. Ek het gevoel dat die drome vir iemand anders is wat dit meer verdien, dat dit in elk geval nie waar sal word nie en het myself doelbewus afgesluit. In die proses het ek afgestomp geword. Jare het verby gegaan waarin ek geen droom gehad het nie ek dit het bygedra dat ek lewensmoeg geword het, met geen visie vir môre nie. Eers agterna het ek die belangrikheid van drome en visie in my lewe verstaan en die invloed wat dit regtig in ons lewe het.

‘n Visie is om ‘n plan te hê. So dikwels hoor ek mense sê: “As ek net die Lotto kan wen dan sal ek…” Dan is my vraag weer: “Het jy planne vir daardie miljoene?” Baie mense het nie, ander het wel. Maar jy sien, as jy nie daadwerklik begin werk daaraan nie en net wag vir die Lotto sal deure nie vir jou oopgaan nie. ‘n Visie beteken bloot ek het ‘n plan (wat jy neerstip in jou dagboek) en dan kyk jy hoe jy dit tot uitvoer kan bring. Jy moet dalk met iemand praat daaroor, iemand wat die regte kontakte het. Om met die verkeerde persone te praat oor jou droom of visie kan veroorsaak dat jy mismoedig word en die droom of visie word dan geaborteer. ‘n Visie neem vorm aan wanneer jy daadwerklik iets daaraan doen. Om te wag vir die Lotto gaan dit nie vorm laat aanneem nie. Dit sê vir my dat dit nie rerig ‘n erns by jou is nie. Daar is heelwat mense (met geld) wat wag vir jou om na vore te kom en bereid is om jou te help maar die eerste stap begin by jou.

Wanneer laas het jy jouself toegelaat om te droom?
Wanneer laas het jy ‘n visie gehad?

Dit was seker een van die eerste vrae waarmee ek gekronfronteer was op my nuwe enkelpad en ook op daardie stadium ‘n baie moeilike vraag om te beantwoord. Wanneer jy herhaaldelik deur die lewe gekasty is, verloor jy die lus vir die lewe. Jy verloor jou wil om verder te sien as net die hier en nou.
Ek het Maandag ‘n video clip gesien van ‘n vrou wat ‘n dubbele masektomie gehad het. Dit was baie traumaties en iets waarmee sy gesukkel het, wat verstane is. Maar in plaas van om in ‘n hoekie te gaan sit en haar self te bejammer het sy die geleentheid omgeswaai en iets positiefs gedoen. Hulle noem dit ‘Knitted Knockers’. Nou verskaf sy aan duisende vroue, met die hulp van volunteers, nuwe hoop.

Om te droom is om jouself toestemming te gee om te dink oor ander dinge behalwe die hier en nou. Om in iets te glo – ongeag hoe onbereikbaar dit mag wees op hierdie pad. Myles Monroe het altyd gesê dat die rykste plek in die wêreld die begraafplaas is. Wanneer ons nie ‘n droom het nie gaan daardie droom (wat God ingedagte het vir ons) dood en het baie mense miskien ‘n werksgeleentheid of iets wonderliks gemis bloot net omdat jy nie bereid was om te waag nie. Miskien was jy bang, of soos ek lewensmoeg, of miskien het jy geglo wat mense aan jou toegedig het: dat jy nooit goed genoeg sal wees nie. Miskien het mense vir jou laat glo, omdat jy net ‘n vrou is, kan jy niks noemenswaardig wees of doen nie. Daardie leuen ontneem ons dan van die magical lewe wat vir ons wag. Ons lewens word baie beïinvloed en beheer deur leuens. Vir elkeen verskil hierdie leuens. Sommige leuens is wat ons ons self vertel. Of wat die gemeenskap ons vertel. Ander is wat mense in ons lewens deponeer.

Leuens weerhou ons daarvan om die werklikheid te sien. Of om die skille van ons oë af te haal of in die visbak te bly want elkeen veroorsaak ‘n comfort zone. Wanneer die leuen ontbloot word dan moet ons letterlik op die ys loop. Daardie eerste tree mag glibberig wees, vol valle en bloukolle wat ons laat glo dit is nie die moeite werd nie. Of mense het dit al so baie in ons koppe geklap dat ons die leuen vir die waarheid aansien.

Elke tree wat jy neem bring jou nader aan die werklikheid van die droom. Hoe meer jy jouself bekwaam in ‘n bepaalde rigting hoe nader beweeg jy na die droom as ‘n realiteit.

Maar jy moet daardie eerste tree gee. Soms is dit ‘n moeilike stap, vol van die worstelinge en verpligtinge wat die droom kan verdof. Spesifiek wanneer jy deur swaar tye gaan kan dit heeltemal verdwyn. Om dan weer in daardie plek van droom te kom vat baie tyd en dit kan vermoënd wees.

Hoe meer tyd jy aan die droom spandeer hoe nader sal dit kom. Ek is bewus van ‘n paar mense wat byvoorbeeld ‘n boek wou publiseer en eers op 70 dit reg gekry. Met ‘n onlangse boeke skou in Pretoria het ons ‘n man ontmoet, met ‘n wêreld se ondervinding, wat sy eerste boek op 76 vrygestel het. Helder van verstand, het hy ons vergas met staaltjies vanuit sy lewe en die invloede wat sy lewe beïnvloed het. So het ek al mense met resensies gehelp wat ook eers op ‘n hoë ouderdom hul boeke bekendgestel het. Ek self is ‘n “late bloomer” my eerste boek was eers op 48 vrygestel. In die jare wat oploop daarna toe, tel jy ondervinding op. Jy leef en leer van die wêreld om jou, om dan dit wat jy ondervind, het weer te gee in storie vorm. Dink aan mense soos Laura Wilder wat haar eerste boek op 62 gepubliseer het. Harry Bernstein het sy eerste boek op 96 gepubliseer. Die lys is eindeloos.

Jy sien, met ouderdom kom wysheid en doen jy dinge wat mense aangryp en motiveer. Ons elkeen, jonk en oud het ‘n invloed op ons medemens. Ons is nie eilande nie, gestrand in die middel van die groot see, wat net bestaan nie. Nee, ons is individue met genoeg skeppingsvermoë om iets nuut te skep wat ‘n positiewe legacy kan los. Alles in die lewe het met ‘n droom begin. Einstein, Henry Ford, Thomas Edison, Wright Brothers… weereens elkeen het begin met ‘n droom en toe begin werk aan daardie droom sodat ons vandag die gerief van hul uitvindsels kan hê.

Tyd of ouderdom is nie ‘n beperking nie, net jou eie onvermoë of traagheid kan jou stop. Daar is ‘n keuse wat jy, as vrou kan maak. Gaan jy toelaat dat jou situasie die oorhand kry of gaan jy opstaan en die eerste tree gee? Gaan jy jou fokus verander van die hier en nou na more, daar waar jou lewe alreeds kristal helder is?

TAL GUR. The Art of Fully Living
In life, the natural inclination is to look for solutions externally. We believe people, possessions, and experiences will lead us to greater happiness and fulfillment as if the outside conditions determine our interior experience. But what if you reversed the order? What if you first looked inward and, only then, outward? Let’s say you’re looking for a romantic partner to cure your loneliness and make you happy. Wouldn’t it be simpler to find a suitable partner if you already felt happy and complete within yourself? This idea might seem radical, but nothing outside of you can make you feel anything unless you permit it. Happiness, fulfilment, or any other emotion always comes from the inside. This paradigm shift can be vital when it comes to building wealth. More often than not, we set financial goals from a scarcity mindset. We have a set of limiting beliefs that lead us to secretly think we are not wealthy. We tell ourselves that our resources are finite. We believe that we’re in competition with others. While money is an essential resource, it’s our skills, health, knowledge, attitude, and relationships that are our real capital. As mentioned before, money is not the cause of wealth, it’s the effect. In fact, one key relationship is often all you need to lay a foundation for a business and generate income. You can, for example, offer your services to one of your friends or colleagues, or offer a developer a percentage of profit in return for his or her programming services. Remember, often, the outer world is simply a reflection of our inner selves.
You’re more likely to attract wealth when you already feel wealthy when you know that everything that comes from the outside is a bonus, the icing on the cake. As self-development author Wayne Dyer has said, “Prosperity in the form of wealth works exactly the same as everything else. You will see it coming into your life when you are unattached to needing it.”

Ons moet ons self toestemming gee om verder te kyk, weg van die tekortkominge en die negatiewe dinge. En in tap in die skatte wat in die binnekant verskuil is. Met ‘n positiewe gesindheid kry ons meer vermag.

Soms dink ek, Lynelle, jy doen so baie maar tog, finansieël bly jy afhanklik. Ek is ‘n verkoopsagent maar het nog geen eiendom verkoop nie. Ek skryf boeke maar verdien nie genoeg om te leef daarvan nie. Maar wanneer ek terug kyk, en ek sien hoeveel ek gegroei het in die laaste 4 jaar, dan lyk die prentjie anders. Jy sien, dit gaan nie oor die geld nie maar oor my vermoë om verby die tekortkominge te kyk en my passies uit te leef. Om in my skatkis te delf en dit waarvoor ek lief is uit te haal en te deel met die mense om my. Ek glo dat dinge wel sal verander, finansieël en ek my onafhanklikheid sal verkry. Daardie hoop hou my aan die gang.

Visualiseer jou drome. Skep ‘n bord met jou drome.
Baie praat van ‘n ‘To-do-list’ waar jy alles aanteken wat jy graag wil doen.

• ‘n Wêreldreis
• Dansklasse neem
• Kookklasse
• ‘n Besigheid begin
• ‘n Boek vrystel
• ‘n Sepie skryf
• Verder studeer
• ‘n Motorfiets koop vir die lang uitgestelde “roadtrip”
• ‘n Lewensgids te word.
Ek hoop werklik dat hierdie raad jou sal help om jou op die pad te kry waarvoor jy geroep is. Kyk wyer en dieper. Kyk verby die leuens en glo dat jy tot meer in staat is. Omring jou met mense wat werklik in jou glo.
Op so ‘n manier bou jy aan jouself. Kom jy verby die seer en verwerping en begin ‘n nuwe jy.
Dit kos werk om ‘n nuwe jy te skep. Nie net moet jy jou liggaam verander nie maar ook jou denke. Wanneer jy nog aan leuens vashou en negatiewe gedagtes het sal die pad vorentoe ‘n sukkelende en selfs teleurstellende pad wees. Daarom is dit belangrik om in jouself te belê. Lees opbouende leesstof; indien jy nie boeke kan bekostig nie sluit by die naaste biblioteek aan. Die aansluitingsbedrag is minimaal. Woon opbouende seminare by wat jou motiveer en die regte boublokke gee. Ek het bv met die Gautrein Sandton toe gegaan om na JT Fox te luister. Baie van sy seminare is verniet en die inligting wat jy daar kry waardevol en toepaslik.
Elke positiewe stap is ‘n stap in die regte rigting. Onthou: vir jare was jy gewoond aan ‘n bepaalde leefstyl en denkpatroon. Maar nou dat jy op jou eie is en jy geleentheid het om jouself te verbeter gaan jou denkpatroon en manier van doen moet verander. Dit gaan tyd vat. Dit vat ten minste 90 dae of 3 maande om ‘n nuwe lewenstyl aan te leer en dit te leef. Indien jy faal die eerste maal, probeer weer totdat jy die resultate verkry wat nodig is.
Dinge gaan nie oornag gebeur nie. Hierdie is nie ‘n kitsprogram nie. Hierdie gaan self dissipline en nog meer tyd kos met baie geloof in jou vermoëns. Jy kan vir baie mense vertel van jou droom, maar indien jy nie werk daaraan nie bly dit net praatjies. Praat sonder werke is vrugteloos. Dit is soos iemand wat gewig wil verloor maar nogsteeds die selfde vetmaak kosse eet. Jy sal geen resultate kry nie. En dit gaan ook nie oornag gebeur nie. Om bv jou diet te verander beteken jy moet sekere kosse vermy, oefen, gaan stap, miskien swem, selfs gaan dans om die resultate te verkry. Maw dit gaan werk kos.
Net so met drome en jou denke. Jy moet die regte inligting inneem, met positiewe mense gesels en daadwerklik jou gedagtegang verander om verby die struikelblokke en leuens te kom. Dit is ‘n gedissiplineerde lewenstyl wat tyd gaan neem. Maar op die ou einde sal jy die vrugte daarvan pluk.
Die dag toe my eerste boek gepubliseer was, het ek letterlik op die wolke geloop. Toe skielik was die tyd wat ek opgeoffer het iets wat ek kon waardeer. Jy moet tyd met jou familie opoffer, tyd met die sosiale media. Jy moet tyd maak om navorsing te doen. Tyd verloop tydens die redigering, waar jy groot dele van die boek oor moet skryf of heeltemal moet herskryf. Jy gaan soms voel om op te gee maar wanneer die eindproduk in jou hande is dan is dit iets wat niemand van jou kan wegneem nie. Die prestasie is die mees vervullende gevoel wat jy ooit sal ervaar. Dit is soos om jou kind in die lewe te bring, groot te maak en dan die dag wat hy/sy trou te voel jy het iets reg gedoen. Dit is verrykend en vervullend. Dan gaan dit voel of tyd gevlieg het.
Net wanneer jy glo en doen sal mense saam met jou begin praat en selfs in jou glo. Saam met daardie glo sal hulle dan in jou belê.
Ek wil jou vandag aanmoedig om verby die hoekoms te kom, die seer vir ‘n oomblik te vergeet en jouself toestemming te gee om weer te droom. Jy is ‘n diamant in wording, die snyproses is seer en ongemaklik maar op die ou einde gaan jy blink.
Skitter net waar jy is, diamant en word die beste jy.
Kopiereg Lynelle Clark 2018
Diamant Divas program 08 Augustus 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed