Jongste aktiwiteit:

ARJUNA en die HEILIGE KUNS

ARJUNA
Drie koningskinders staan op ‘n ry langsmekaar. Hulle ontvang ‘n les in die heilige kuns van pyl-en-boog-skiet. Die grootmeester het hulle al gewys hoe om regtig te staan en hoe om die boog met uitgestrekte arm in die rigting van die teiken uit te strek.
Oor weke en maande het hy hulle alles bygebring wat in die heilige kuns van pyl-en-boog-skiet belangrik is.
„Vandag, edelagbare seuns van ons geloofde heerser, het ons as teiken vir elkeen ‘n bont voël op die boonste spits van ‘n hoë boom. Sien u die drei dennebome oorkant die grasperk? Bo-op elkeen sit ‘n voël en wag op ‘n voltreffer in sy hart. Ek vra u beleef om aan te lê en te mik, maar nie te skiet nie.”
Hy vra die eerste broer, „Wat kan u sien?”
„Ek sien die nadels op die boom se takke-”
„Wat sien u nog?”
„Ek sien die wolke daaragter.”
„Sien u nog iets?”
„Ja, ek sien die spits van die oostoring van ons kasteel.”
Hy vra die tweede prins wat hy kan sien.
„Ja, ek sien ook die nadels van die boom en die wolke daaragter.”
„En nog.”
„Ek sien my suster wat deur ‘n venster in die oostoring na ons sit en kyk.”
Hy vra die jongste, Arjuna, wat hy kan sien.
„Ek sien die voël.”
„En wat sien u nog?”
„Ek sien die voël.”
„En nog.”
„Ek sien die voël.”
„Sien u nog iets?”
„Ek sien die voël.”
Ω ∆ ∆ ∆ Ω
Duisende jare gelede het Prins Arjuna (sê ARR-djoena) in liggaam, siel en gees groter en sterker gegroei. Hy word toe die magtigste, edelste en wysste koning in heel Indië.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed