Jongste aktiwiteit:

Winter’beursie (Brons)

Soos al die gewone oggende was ek oppad werk toe, maar het ‘n gevoel gehad iets gaan gebeur. Net so onrustigheid wat heeltyd oor mens hang…naby Alberton gaan my kar se battery liggie aan. Ek ry toe na die naaste Suzuki garage, my vermoede was toe reg.

Na ‘n battery toets word my alterator getoets en wys daar is fout, hy laai nie die battery nie. My moed sak in my skoene, na vele oorwegings die kant toe daai kant toe besluit ek om maar ‘n nuwe een in te sit R9000 verder!

Vanaf 8 uur tot 12 uur sit ek en wag, kyk maar krieket op die tv, nou nie een van my gunsteling sport nie maar om die tyd om te kry is dit nou maar al uitweg. Ek voel heeltyd ‘n koue wind op my waai, probeer myself kalmeer en warm hou deur koffie te drink.

Winter ruk aan my beursie, maar dis die lewe daar is altyd een of ander onvoorsienigheid wat opduik. My voorland is nou maar om oortyd te werk, om op te maak vir die finansiële verlies.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed