in sagte fluistering (SILWER)
die onbekende wink en fluister sag in ’n wye wêreld waar drome ontkiem waar lig en skadu’s ontmoet, is verandering die onbekende wink en fluister sag met elke tree wat ons versigtig vat verdwyn vrees en verskyn die nuwe die onbekende wink en fluister sag in ’n wye wêreld waar drome ontkiem as ons die […]
Die pad vorentoe.
As ek dink aan die toekoms, kom daar twee woorde by my op: die onbekende. Dit is slegs twee woorde, maar dit wek verskeie emosies op in my binneste! Gedagtes van opwinding en afwagting tot vrees en onsekerheid. Ons leef in ’n era waar kennis en inligting tot ons beskikking is en tog bly daar […]
Wintersoggend (Brons)
dagbreek bloei uit na ʼn bleekwit winterlyk asemloos en stil bedek met brosse ryp in die toendralug dwaal naakte bome doelloos rond hul takke tevergeefs uitgestrek na redding buite hul bereik maar daar heers hoop in hierdie opgewende oomblik: minute huiwer onbenut voetspore ongetrap en wat ek uit vandag gaan put vir nou nog onbekend […]
simfonie van hoop (SILWER)
donkerte bedek my soos ‘n swaar kombers klam koue vingers van vrees omklem my elke skadu ’n gedagte swart en intens elke geluid ’n vae fluistering van vrees wat as, wat as, wat as… eggo die woorde deur my gedagtes soos wind wat fluister deur wintertakke ’n melodie van onsekerheid oor die toekoms […]
Nuwe Horisonne.
Die son se laaste strale kruip oor die rug van die heuwels en die veld lê voor haar soos ’n goudgeel meer. Die wind fluister deur die lang gras en laat Lien se hare om haar gesig dans. Sy sug sag en trek haar baadjie stywer om haar vas. Lien Meiring staan op die ou […]
Son jy het alles gesien (Silwer)
Son, jy’t geloop voor mens lewe geken het daar waar slegs skepping en jy gesien het deur die dale en dieptes was jy daar toe ons gemens het met ons lag, die trane, die groet was jy laaste om te sien en getrou geloop deur elke fase van eeue se jonge en gryse gesien […]
Ons asem bestaan
ʼn spikkelpunt ons asem bestaan in hierdie grote heelal het ons kindervoetspore vooruit met ʼn malle gejaag en los ons met oumens oë in die spieël oë kaalgesteel deur roetine en die bekende vervalle en vergaan sonder kinderlag en kinderspeel en strate en gesigte bouval in ons spikkelpunt bestaan ons toekoms onbekend en kindwees na […]
ouderdom (Goud)
die ouderdom die een wat in jou litte en in jou gebeente neerslag vind maak jonkheid van gees irrelevant dit bly vaag en onbekend tot die dag dat jy oor die wit picket fence tussen jeug en ouderdom geklim het
wagtend op die dood van ‘n ma (Goud)
om te wag terwyl die ma wat aan jou lewe geskenk het stadig uitwyk na onbekende sfere buite jou bereik laat jou smeek ten hemele… moeniedatsylynie teen kleinnag met jou insluimering verlaat haar gees die aarde en die tyding net daarna is ‘n blote formaliteit
Olive Schreiner: ’n Pionier in Literatuur en Maatskaplike Verandering.
Olive Schreiner het bekend gestaan as die vrou wat die onbekende aangedurf het vanweë haar moedige benadering tot literatuur en sosiale vraagstukke in haar tyd. Olive Schreiner het ’n onuitwisbare merk gemaak in die Suid-Afrikaanse en internasionale letterkunde met haar baanbrekende roman The Story of an African Farm in 1883. Nie net het sy die […]