Jongste aktiwiteit:

Ons asem bestaan

ʼn spikkelpunt ons asem bestaan

in hierdie grote heelal

het ons kindervoetspore vooruit

met ʼn malle gejaag

en los ons met oumens oë in die spieël

oë kaalgesteel deur roetine

en die bekende vervalle en vergaan

sonder kinderlag en kinderspeel

en strate en gesigte bouval

in ons spikkelpunt bestaan

ons toekoms onbekend

en kindwees

na wie-weet-waar

versend

 

© Cornien Naudé




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed