Jongste aktiwiteit:

praat

gedagtes druis oor my duin
vorm stuwalle teen die golwe
soos die suidewind van gister
wat die golwe laat opstaan het
geluide onderbreek my gedagtes
maak dat my aandag verlei word
versprei word oor eensame strand
soos wit skuim rollers vervaag dit
in die wit sand waar dit lewe voed
wat onder die oppervlakte woed
so vervaag my woorde ook mos
in die eter van vele mense ore
wat besig is met hul eie stryd
om kop bo water te hou
in ‘n wêreld vol nyd

©Teárlach




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed