Son jy het alles gesien (Silwer)
Son, jy’t geloop voor mens lewe geken het
daar waar slegs skepping en jy gesien het
deur die dale en dieptes
was jy daar toe ons gemens het
met ons lag, die trane, die groet
was jy laaste om te sien
en getrou geloop deur elke fase
van eeue se jonge en gryse
gesien hoe alles verander
soms gelos in die dwase
son, jy’t saam geloop in my kleuter
saam geloop in my ouloop –
son, kom sit bietjie by my
asseblief…
vou my toe in jou seker, warmte
jou verseker opkoms
vat tog al die onbekende
en herinner my van vandag
is vir vandag
môre sorg vir homself
© Cornien Naudé
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2024 – Die onbekende projek