Jongste aktiwiteit:

Die pad vorentoe.

As ek dink aan die toekoms, kom daar twee woorde by my op: die onbekende. Dit is slegs twee woorde, maar dit wek verskeie emosies op in my binneste! Gedagtes van opwinding en afwagting tot vrees en onsekerheid. Ons leef in ’n era waar kennis en inligting tot ons beskikking is en tog bly daar so baie wat ons nie weet nie. Die vraag is: hoe benader ons die onbekende? Met ope arms of met ’n huiwering in ons binneste?

Van kleins af word ons nuuskierigheid geprikkel deur iets wat ons nie ken nie. Kinders vra voortdurend vrae, probeer nuwe dinge en is op soek na antwoorde. Hierdie ingeboude menslike eienskap is dit wat wetenskaplikes en ontdekkingsreisigers dryf om nuwe grense te verken.

Kom ons dink maar net aan die groot ontdekkingsreise van die verlede. Name soos Vasco da Gama, Christopher Columbus en vele ander het die onbekende oseane aangedurf om nuwe wêrelde te ontdek. Hul waagmoed en honger na kennis het gehelp om die wêreld soos ons dit vandag ken, te vorm. Die vraag bly egter, wat sou gebeur het as hulle in hulle gemaksones gebly het, bang vir die onbekende?

Ons moet egter onthou, aan die ander kant is daar ook die diepgewortelde vrees vir die onbekende. Hierdie vrees hou ons dikwels terug en maak ons versigtig. Ons hou daarvan om vaste hou  aan die bekende en vermy die risiko’s wat met die onbekende gepaard gaan. Hierdie vrees is nie ongegrond nie, die onbekende bring immers onsekerheid mee en onsekerheid kan soms ook gevaarlik wees.

Kom ons kyk net na die snelle ontwikkeling van tegnologie in vandag se tyd. Baie mense vind die idee van kunsmatige intelligensie en robotika steeds vreesaanjaend. Onbekende implikasies van nuwe tegnologie het die potensiaal om ons manier van lewe te verander. Dit is die vrees vir die onbekende wat ons vrae laat vra oor die etiese en maatskaplike impakte daarvan.

Ek dink die uitdaging lê daarin om balans te vind tussen die opwinding en die vrees van die onbekende. Ons moet leer om die onbekende met ’n gesonde gesindheid te benader. Dit onbekende hoef ook nie noodwendig ’n bedreiging te wees nie, dit kan ook ’n geleentheid vir groei wees.

Om die onbekende te omarm beteken ons moet buite ons gemaksones beweeg, nuwe dinge probeer en ons gedagtes oopstel vir dit wat ons nie verstaan nie. Dit beteken ook ons moet leer om aan te pas, om risiko’s te aanvaar en nuwe avonture met moed aanpak.

In ‘n wêreld wat voortdurend verander, is die onbekende ons metgesel. Hoe ons kies om hierdie metgesel te hanteer, sal bepaal hoe ons as individue en as samelewing vorentoe beweeg.

So, kom ons kies om die onbekende nie met vrees nie, maar met  gesonde nuuskierigheid en moed te benader. Laat ons die onbekende nie as ‘n vyand beskou nie, maar as ‘n vennoot in ons reis na selfontdekking en wêreldse vernuwing.

Soos hulle sê: Die enigste ding om te vrees is vrees self. Dit is soos ‘n deur wat oopstaan, maar ons moet die moed hê om daardeur te stap.

©MarleneErasmus

30/06/2024

(518 woorde)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed