Jongste aktiwiteit:

O Kersfeesboom, o Kersfeesboom

(Woordtelling: 135)

 

Mammie het gesê ek is ʼn rebel, en dit was verseker nie as ʼn kompliment bedoel nie. En dan is daar die nare streek om presies te doen wat die ander persoon irriteer, en genot daaruit te put. Sies Ano!

Selfs as volwassene het ons nog nooit ʼn vreeslike ophef van Kersfees gemaak nie. Ons het die blink versierings van die wêreld geniet, maar ook die boodskap oor Christus. So, party jare het ons die sitkamer versier, en soms nie.

So het Ousus een jaar 1200km ver gereis om te kom kuier, maar toe ek hoor dat sy nie na óns huis wil kom nie want ons “aanbid die boom”, kom sit daardie rebelse duiwel vierkantig op my skouers. Net daar word die boom uit die kas gehaal en met liggies versier, spesiaal vir Ousus.

©Ano




Hier's ek weer, Hier's ek weer, Met my storie voor jou deur....

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed