Lewensreise 2486 woorde
Stadig, begin haar bewuste diep vanuit die donker newels na die werklikheid beur. Vir ‘n wyle…ís sy net niks, totaal gedisorieënteerd. Dan skop die oeroue menslike oorlewingsdrang in en haar dowwe brein raak bewus van haar omgewing. ‘n Deurdringende pyn leef in haar skedel en sy sukkel om asem te haal. ‘n Swaar gewig druk […]
Die kweekhuis (brons)
natneus venster hemelliggame teen terra se dakskerm rou gekou doop witlig naels gestroop verby suurstof se grense wat onmaanse konstruksie dissekteer arig leun hout en glas op nag se kil-straal kombers wat roofkykers laat skeef skitter en in hoofpyn verbitter tog skyn nuuskierigheid skerp op die swart plant gordyn uitheemse oë verblok wat die moederkerk […]
‘N NUWE NORMAAL
‘N NUWE NORMAAL Die bekendheid van ons saamwees word wreed gekonfronteer met die onbekendheid van ‘n kankerdiagnose Chemosessies ‘n gedwonge ontdekking van ‘n vreemde skrikwekkende werklikheid Opstandig klou ek vas aan die bekendheid van jou stem jou lag jou hande totdat ek ook dit verloor in die onbekendheid van agteruitgang pyn en … doodse stilte […]
Voorwaarts na die onbekende!
(Woordtelling : 874) Die mens is ʼn wese wat nogal maklik aan vrees kan vasklou, en hierdie juisste vrees is die ding wat ons keer om spontaan en ten volle te leef. Jy is bang want wat as…. Moeder het altyd gesê, “as is verbrande hout”. Op ʼn subtiele manier wou sy my leer […]
Versperrings (Goud)
die sterre wink my nader op my blindelingse reis die grashalms in my hande breek soos afgebinde bande en ek vryval ver die dieptes in ek val verby my groefgreep vesting se onbewaakte deur en sien die koggelende brokke van my afgode se koppe en hul ewige genadelose grin ek gryp met afgeremde tamheid na […]
Openbaring 6 vers 6 (Goud)
Openbaring 6 vers 6 gee vir my ’n rantsoen koring vir die penning in my hand – drie rantsoene gars, Here ek het suiwer wyn gepars wanneer die laaste seël dan deur U geopen word en die berge om ons val reik my hande na U Here want my oliekan is vol […]
Die digter (brons)
steke trek los skuldig versteek hande bewyse met verwilderde armleunings wat stilhou sluk dit is al roetine tussen ons ons kyk ons voel ons geheime in hierdie laatnag konferensies kopsu loer ons orals behalwe na die oopte binne ons geblinddoek waggel vier voete tussen koffie bekers en sigaret stompies slegte gewoontes wat staar en […]
hersenskim (brons)
hersenskim tastend in die verlate gange van gistergedagtes gekarteer in seer van verlies verwerping en selfveragting soekend na sekuriteitskoördinate word hande uitgestrek na bo smagtend uitgereik na ‘n ongekende môre ‘n euforie-dag waar die son helder filter deur geloof en hoop ‘n oop hart kalibreer tot vrede en liefde lêplek vind in die hersenskim […]
KAN ONS NOG VREESLOOS LEEF ?
Kan ons nog vreesloos leef in die twintigste eeue wat vol onbekende elemente is ? Vandag se generasie kinders is beroof van kind wees deur tegnologie, geweld en onbekende aspekte wat hul lewens beïnvloed. Ons leef in ‘n era wat hande vat met die onbekende. Ons leef elke dag in vrees om na ‘n winkelsentrum […]
waters van onrus (silwer)
waters van onrus woordvloede van leë beloftes wat oor blinknat lippe stroom word ’n vrygewige rivier wat my meanderend meevoer verspoel onderdompel die opdam van antwoordlose vrae kommer en vrees maalkolk in my ek verdrink in onsekerheid dit sleur my mee deur donker wat-asse en sê-nou-maars ek hou my asem op verswelg deur woedende waters […]