Jongste aktiwiteit:

KAN ONS NOG VREESLOOS LEEF ?

Kan ons nog vreesloos leef in die twintigste eeue wat vol onbekende elemente
is ?
Vandag se generasie kinders is beroof van kind wees deur tegnologie, geweld en onbekende aspekte wat hul lewens beïnvloed.
Ons leef in ‘n era wat hande vat met die onbekende. Ons leef elke dag in vrees om na ‘n winkelsentrum te gaan.
Mens vrees so vir wat gaan gebeur en is totaal en al nie voorberei as iets gebeur nie.
Kinders word ontvoer in die mees onbekende maniere. Winkels word helder oor dag beroof en asof dit nie klaar erg is nie word mens beroof by die robotte of as jy huistoe stap.
Suid-Afrika het ‘n wettelose land geword waar die misdadigers meer regte as die res het.
Het ons kinders en kleinkinders ‘n toekoms in Suid-Afrika?
Sal ons tot die dood nog ons geliefdes kan beskerm en ouers nog self kan besluit oor hul kinders se opvoeding of is die onbekende elemente besig om ons regte en ons kinders in te sluk ?
Dan word daar gevra hoekom kinders opstandig raak en wegloop ?
Hoekom raak al hoe meer tieners verslaaf aan een of ander onbekende boosheid, omdat die onbekende aanloklik en uitdaging is .
Ons kinders word nie meer op ‘n gesonde vlak gestimuleer nie.
Ek kan net bid vir my kleinkinders. Ek plaas elke kindjie se lewe in God se hande, ek glo Sy wil sal geskied as ons die knie buig en terugdraai na Hom waar niks onbekend is nie, maar verseker.
Ons is verseker van Sy liefde, Sy genade en elke belofte.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed