Pottebakker
ek word gebreek – gebrei gevorm soos sagte klei die keep waarin my skoonheid lê is die seerkry wat ek nooit wou hê!
Primitief
Die ritme is oertyds polsend lewendig Die instink is skerp sintuiglik werklik Die aksies is willekeurig realisties presies Primitief gesetel diep in denke rus oorlewing tot op hede byna onverkend
My bestaan
Soos die golwe van die see se deinings Soos duine se sand wat waai in die wind Soos mis wat wegraak voor die son So voel my bestaan…my menswees Dit keer terug na my met die leegheid van ‘n eggo wat aanhou roep en tog niks meer is as klank Klank wat terugbots teen die […]
Pêrel vir pêrel
Dit neem tyd dit neem inspanning dit verg konsentrasie om die snoer te ryg Pêrel vir pêrel wil ek jou bederf en een vir een omgee juwele string wat ek met voltooiing vir jou wil bring as herinnering dat ek jou bemin
Krismis konsternasie
Ding dong, lui die klokkie by die van Tonders se woning. “Pappa, gaan kyk gou wie dit is. Ek is in die kombuis besig!” gil Susan, uit die warm kombuis terwyl sy die sweet van haar voorkop afvee. Sy weet nie of dit nou die oond se hitte, of haar oorgangsjare is, wat haar vandag […]
van kom en gaan
kersfees kom en kersfees gaan tussenin wil almal nog ook bestaan een smous met groente ‘n ander met persente predikante met siele mense met rus en vrede elkeen soek net Christus-liefde ©Teárlach
eensame klimmer
net soos almal voor hom reik hy na die trappe trappiesgewys klim hy hoe hoër hy gaan hoe meer gaan staan hy hoe minder kyk hy terug oë net gerig op boontoe daar iewers in die mis waar hy nie kan sien soontoe is hy oppad dan glip die mis hy kan sien voete los […]
Die groot man met die groot aptyt
(Hierdie storie word vir waar oorvertel. Die tante was só verstom deur so ‘n groot eetlus dat sy dit net met iemand moes deel. Die gebeurtenis is aan die skrywer oorvertel deur wyle Chris Austin van die Brits omgewing.) In die Matlabas distrik, dis in die Thabazimbi omgewing en word so genoem omdat die Matlabasrivier […]
Vark op die strand
Vark op die strand In Tanzanië was Sondag gewoonlik strand-dag, net ná kerk. Ons het sommer die strandgoed ingepak en onmiddellik ná die kerkdiens gery om die res van die dag luilekker te baljaar en te ontspan. Een van die gewildste en veiligste strande, was South Beach, net so vyftien minute se ry suid van […]
Springgety in Bongoyo
Springgety op Bongoyo So teenaan die kus van Tanzanië, eintlik baie naby, is daar ‘n hele spul klein eilandjies. Hulle word nie bewoon nie, maar is tog gewilde toeriste- aantreklikhede. Hier kan jy nou luilekker in die son lê en jouself heeltemal verbrand, jy kan die rotspoele ondersoek of jy kan in die warm tropiese […]