
eensame klimmer
net soos
almal voor hom
reik hy na die trappe
trappiesgewys klim hy
hoe hoër hy gaan
hoe meer gaan staan hy
hoe minder kyk hy terug
oë net gerig op boontoe
daar iewers in die mis
waar hy nie kan sien
soontoe is hy oppad
dan glip die mis
hy kan sien
voete los
trappe val
hy lewe
weer
hagio
is
hy
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.