My bestaan
Soos die golwe van die see se deinings
Soos duine se sand wat waai in die wind
Soos mis wat wegraak voor die son
So voel my bestaan…my menswees
Dit keer terug na my
met die leegheid van ‘n eggo
wat aanhou roep
en tog niks meer is as klank
Klank wat terugbots
teen die niks van wat ek is
en die onsigbare lewe
van my binnemens
Soos die ruk van die wind se stroom
Soos die wesens in ‘n kind se droom
Soos die hitte van ‘n vuur se toorn
So voel my bestaan…my menswees
Dit is steeds daar
en tog neem bitter min dit waar
al is dit en al beweeg dit
soms hier ander kere daar
Soos die woorde van ‘n mite
Soos die kleef tussen selle
Soos die gloed van die son
So voel my bestaan…my menswees
…wees!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.