Prikkel my hart
Torre met blou vlerke snel in die môre se glans pronkveer, bontveer en ek wonder vir die soveelste keer Prikkel my hart prikkel my sintuine al om jou helder kleure Ek skilder met die helder blou sirkels om jou hartsreise en my hart het finaal in jou klippiebruinoë verdwaal
Boombetowering…
“Boom betowering” “Jou voete stewig geplant diep in moeder aarde gewortel Jou kop na son gedraai takke soos arms, oopgesprei… Wagtend … Vir winter om verby te gaan, Bas-skilfers opgekrul… Skilfer krulle dans op jou Sagte, fluweelgroen stam…” © Marlene Erasmus 06/06/2016
Genade water…
“Genade-water” Gebukkend onder die droogte Dorre aarde, smeekroep om uitkoms Mens en dier kermend, Wagtend … God besluit: “Genade-water” Geskenk uit Vader hand…. © Marlene Erasmus 08/06/2016
Vrede
VREDE Klein woord – groot begrip Menslik moeilik om te verwoord… In ‘n wêreld: vol trane wat drup Swanger met doodslag en moord… Tog: nie moeilik om te verstaan, As jy glo in God se Woord… Dat vrede wel kan bestaan Sou jy net uitstort jou nood… © Marlene Erasmus 23/06/2016
Sewe sondes….
SEWE SONDES … Die wêreld van vandag, Deurmekaar, stukkend – Aan flarde! Mens, gebroke onder die Vloek van die sewe sondes… Oë wat straal van hoogmoed, Tonge wat galop op leuens, Hande – druppend van bloed, Gedagtes – besig met die Volgende komplot! Voete wat drafstap op die Pad van verderf… Valse getuies, Kwaadstokers, mens […]
Uitstel !
UIT-stel… Die monster… Met kake wat hap! Kloue wat gryp, Koggel lag… Ek het jou! Vat hier, vat daar… Gryp – los, gryp – los, Koggel lag… Ek het jou! Doen dit! Doen dat! NEE… Doen die…. Koggel lag… Ek het jou! © Marlene Erasmus 16/06/2016
Enkeldoring
Enkeldoring: “ek wag nog vir die een wat kan deel sonder oordeel in my vreemde verspotte oorgee oomblike … TOG langs my bly staan in my stiltes… EN my liggies aanraak en weet hoe diep dit lê die seer hier binne wat ek op ligter noot probeer verdryf” ©Renz-Poetrydancer 22/06/2017 04am
Limpopo onbegrens
(Sy sien nog soms die beeste sy hoor hul klokke lui – die klongelklank wat willoos oor alle grense gly) LIMPOPO ONBEGRENS klongel-klongel praat die klokke – “Groot Limpopo ons hang hier om die nekke van jou beeste tussen oewers oor die grense deur die droë loop van jou rivier. Aan die oorkant op jou […]
Skildermaan
Skildermaan: ritmies trap harmonie op die maat van jou lag met jou oë sag strelend die lyne vingerpunte bloeiselblom wanneer kerslig maan skilderkwas op jou pallet ©Poetrydancer 23/04/2017
Boomgom
boomgom wanneer hartverskeur trane kristaliseer verskyn daar ‘n glinstering ‘n wolkekring met sout in die wond word dit tog gesond wyl tyd vervreem so het ek verneem eendag dalk ‘n reëndag miskien ‘n wolkbreuk met ‘n donderslag wat het jy vermag deur jou kasteel in die lug te bou waar drome plafonpanele bots staccatto allegro […]