Jongste aktiwiteit:

Sewe sondes….

SEWE SONDES …

Die wêreld van vandag,
Deurmekaar, stukkend –
Aan flarde!
Mens, gebroke onder die
Vloek van die sewe sondes…

Oë wat straal van hoogmoed,
Tonge wat galop op leuens,
Hande – druppend van bloed,
Gedagtes – besig met die
Volgende komplot!

Voete wat drafstap op die
Pad van verderf…
Valse getuies,
Kwaadstokers, mens teen mens…
Die aarde weën …
© Marlene Erasmus
22/06/2016




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed