Skuil in my oӫ
Want nou vra ek jou met die verlorendheid van jou gees en met die hand se vra bedees Die wit sand van die see wat die vuil spore opvee bietjies-bietjies sout oor alles strooi Maar tyd is nes water in sand uit die see se branders dit spoel weg en ek weet die bewustheid van […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 4
HOOFSTUK 4 Toe ek voor my ouers huis stop is dit net voor agt uur. Die lug is helderskoon en die sterre blink om die volmaan wat al redelik hoog in die lug sit. Ek ruik die reuk van die seelug in my neusgate en hoor ek die branders in die verte dreun. Die koel […]
Hier Lê
hier lê: woorde wat oor my lippe nie wou struikel gedagtes ‘n dowe fluistering emosies weggepak ‘n kartondosie so tik-tok die horlosie stil sit ek in donker vertrekke bly jy maar net ‘n Sprokie die verhaal ‘n vreemde taal ©Poetrydancer 06042017
Die lig in die donker
Kom ry saam met my oor die groot Gariep oor die onsigbare diep rivier deur die mis wat wit bo die water rus in die donkerste uur ~ net voor drie verby die plek waar die maan so gloei verby die fontein waaroor die maan so bloei verby die silwer dam en die bloekomboom onder […]
Die Donker Muse
Die oomblik toe hulle die Oniks Labirint binnetree knik Ruhan vir haar en gaan sy eie weg. Daphne gee nie om nie. Die tyd wat sy saam met hom spandeer het om die Feetjie Katte te jag en Kaye aan die dood af te staan was nie een van haar beste herinneringe nie. Hulle het […]
‘n Oomblik in tyd gevries
Wanneer alles morsdood vries en yskoud word om jou kom lente net … net betyds ʼn Oomblik gevries in tyd ‘n doudruppel op ‘n roos blaar deur tyd en trane skoongewas van wintervuil Net betyds brand die vlammetjie van ‘n kers wat die bloed in my koue hande laat vloei en so my hart met […]
Alles is dieselfde, maar alles het verander…
‘n wit en rooi sambreeltjie op die tafel langs die TV en die spore van twee trane op my wang ‘n dooie bos proteas in ‘n rooi vaas op die tafel en buite hoor ek hoe die krieke sing my spieëlbeeld sing ʼn melodie wys spore van verlange ʼn silwer stroom van seerkry oor my […]
Toe maak God ‘n boer!
Elke dag, drie keer ‘n dag maak ons op ‘n boer staat, want sonder hom is daar nie vir ons voedsel nie. Dan is daar nog mense wat die boer haat, want hy en sy familie word gemoor en gemartel, elke dag sterf daar boere-families in ons pragtige land, elke dag word daar van ons […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 3
HOOFSTUK 3 “Ek is eintlik n plaasmeisie Melt, daar van Jansenville se wêreld waar my ouers met Angoras en skape geboer het. Soos jy my vanoggend vertel het hoe jy sorgeloos en gelukkig groot geword het kan ek dieselfde sê van my jongmeisie dae op die plaas. Saam met my ouer broer was ons gelukkig […]
Waar is jy
Jy volg my deur die huis wanneer ek omkyk is jy weg ek probeer ‘n brief skryf ma kyk vas teen my gebalde vuis ӗrens is jy… ek dwaal af in die gang ӗrens, ӗrens moet jy tog wees Omdat ek jou raaksien raakvat, raak weet… en nog kruip jy weg in die holte van […]