Jongste aktiwiteit:

Waar is jy

Jy volg my deur die huis
wanneer ek omkyk is jy weg
ek probeer ‘n brief skryf
ma kyk vas teen my gebalde vuis

ӗrens is jy…
ek dwaal af in die gang
ӗrens, ӗrens
moet jy tog wees

Omdat ek jou raaksien
raakvat, raak weet…
en nog kruip jy weg
in die holte van my verlange

In die donkertes
wil jy kamoefleer, isoleer
maar in soete drome
volg ek jou buitelyne




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed