Hier Lê
hier lê:
woorde
wat oor my lippe nie wou struikel
gedagtes
‘n dowe fluistering
emosies weggepak
‘n kartondosie
so tik-tok die horlosie
stil sit ek
in donker vertrekke
bly jy maar net ‘n Sprokie
die verhaal
‘n vreemde taal
©Poetrydancer 06042017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek