Skuil in my oӫ
Want nou vra ek jou
met die verlorendheid van jou gees
en met die hand se vra bedees
Die wit sand van die see
wat die vuil spore opvee
bietjies-bietjies sout oor alles strooi
Maar tyd is nes water
in sand uit die see se branders
dit spoel weg en ek weet
die bewustheid van jou
skuil in my oӫ se strande
Ek sluit die deure dig
ek soek
nog steeds
na jou …
3 Kommentare
-
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Palet ...dis pragtig ...sluit so aan by my see vers