Skadus van Realiteit
Breek die erde beker,
stort die wyn…
rooi strale – soos vars bloed,
af teen my bors en been.
Verwronge geestes beelde,
sinlose nanag gedagtes…
oningeperkte euforie,
tot waar realiteit die niet ontmoet
More skyn die son mos weer,
en breek ons brood en vis…
deel uit en lag,
asof gister nooit bestaan het nie.
….
Totdat die nag weer nader kom.
© F Jansen van Vuuren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.