GLO WAT JY VRA
Hoeveel keer voel jy nie jy bid teen die muur vas nie ? Ons is net mens en ons raak moedeloos en teneergedruk. Ons voel partykeer verloor en hulpeloos weens omstandighede en dan kom die baie vrae met min antwoorde. Tog is daar antwoorde reg voor ons. Mens sien min dinge raak as jy emosioneel […]
ONTWORTEL
Verandering bring groei en aanvaarding ontwortel uit ou gewoontes stof die boekrak van roetine af bestaan ons net in ‘n sement kasteel bou jy met ‘n opregte hart lugkastele op jou rug op die oewer van ‘n kabbelende stroom dis daar waar jy lê en droom dan waai die suidewind jou drome deurmekaar van pers […]
Word ons meer emosioneel as ons ouer word?
Nou die dag sit ek voor die televisie en kyk na “Mooimaak met Clare Wiese-Wentzel”. Dit is die verhaal van ’n vrou wat drie jaar lank op straat gewoon het. Ek sit en kyk sonder om veel verwagting te hê, dit is mos maar net ’n program, dink ek. Maar toe begin hulle haar storie […]
Elke dag Lente (Brons)
-Brons- elke nuwe dag is soos ‘n bloeisel gevul met kleurvolle hoop, uniek gevorm met eienskappe, eienskappe wat net aan jou behoort helder groen blaartjies wat uitloop stel jou vordering voor jou groei jou lewe, dis nooit te laat nie gras wat weereens lewe kry stel jou vernuwing voor, jou vernuwing deur […]
Klikkiebek (goud)
Ek was nog in my winterjas toe ek ‘n rooiborsie hoor roep van ‘n kaal tak in die vyeboom, en toe ek bietjie nader gaan het ek gesien daar is sowaar ‘n klein groen vrugbeginsel aan! ©️Elize Kruger
Goue simfonie. (SILWER)
In die lente, wanneer die son se strale soos goue vingers oor die Wes-Kaap se landskap streel, bars canolavelde oop soos ’n helder tapyt van geel, blomme wat soos sonskyndae lag. Die wind fluister deur die sagte heuwels van die Overberg, en oor Swartland se vrugbare grond staan die rye soos soldate in hul geel, […]
Windroos (brons)
dagboek geskryf dagreis weg gegaap hierdie dagsitter het ontwaak aspris ink pen nader aan kerswas nektaar om blitsig te verken nektaar soos ‘n stookgas misken as ‘n pendelaar ego agterstoep Sondae eenkant proe sonstrale soos ‘n gifblaar kussings sloom liggame bedvas waar vuil vingers klobber met slaapsand wakker swoeg hierdie karkas wakker mymer ‘n […]
ontgrendel (Goud)
die hek na my diepste hart en siel is hardhandig ontgrendel die dag toe jy moes gaan en dit lê tot heden vandag steeds wawyd oop © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024
een nag het ek gedroom (Goud)
dat my ruimtes ‘n grasveld geword het waar ek nagkoud en ontbloot die maan en flonkerliggies gebied om my skoon te was…soos ‘n soort doop en ‘n kus vir my voorkop afsmeek van die oggendstond as bykomende seën © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024
Wildeblom (brons)
‘n graswind koel wange groen in groet van dag klam vryf koute soos ‘n growwe waslap in ‘n haastige ma se hand soos gister se skaduwee strek oor plat plante amper in voorstelling om weer in die bed te klim maar kaalvoete wag nog voor die son saam jakkelsdou wat pink seer drome op bedkussings […]