My Ouma – So onthou ek haar. (Brons)
(Woordtelling – 500 woorde) Christelle kom laggend nader gestap. Monja beduie dat sy moet sagter lag. “En nou?” fluister-vra sy. “Nee, ek lag vir ‘n ou wat nou sy eie spook gevang het.” Christelle grawe in haar handsak tot sy haar sakdoek raaktas; dit te voorskyn bring om versigtig ‘n lagtraan weg te vee. […]
DIE EKLOGIE EN DIE KWESSIE VAN RENTMEESTERSKAP – ’N WOORDOMSKRYWING (Silwer)
Die ekologie is iets wat my baie na aan die hart lê. Wanneer ek oor die ekologie praat of daaroor nadink, kom daar noodwendig drie woorde by my op, naamlik: ‘rentmeester,’ ‘bioom’ en die woord ‘biotoop.’ Nou vra jy seker: ‘maar wat is ’n rentmeester, die ekologie, ’n bioom en ’n biotoop; en voorts, wat […]
Ek wens jou nader | ©Ricco |
Ek wens jou nader as die aarde aan grond en die son aan sy hitte; verstrengel in drome van wens om eendag bewaarheid te word – jy is die grootheid wat klein krake vul en skadu’s trek waar die hitte soms wil skroei. Laat die mensdom weet: ek wens jou aan my nader, nader as […]
Twee pole
Die lengte van lente hierdie jaar is die voorbrand vir somer waar die son op strande en swaargelaaide Kerstafels sal brand – die Noorderbroers is koud én jaloers, of dalk nie, want, `n somer Kersfees ontneem hul van die witte waarvan hul in oorwurm deuntjies sing. ©|RICCO||2024|
Bottel die somer Goud
vang vir my die somer in n vaas van fyn kristal sodat dit in prisma oor my wintertuin kan val bottel die son in consol glas dat die hitte daarvan oor my droë akkers kan bars sorg dat daar n reënboog oor die dorre aarde hang wanneer die plante dorstig die volrond druppels vang […]
Ontkommer (silwer)
Kwel julle nie, kom die opdrag meer dringend as dwingend eerder as nóg ‘n wet tot diskwalifikasie of aansporing tot geloofsprestasie ken Hy die bitter worsteling van alleenheid wat die siel verwring Sy opdrag word ‘n omgee-gebaar om dié wat Syne is te spaar van ‘n twyfeltog se eensaam-bang in donker doolhowe se gang om […]
Lente se eerste hartklop
eerbiedig reën lente se eerste hartklop oor winter se laaste asem wat steeds koel jou wang kom streel met sy soetaroma lag die aarde in volkeur oor nuwe botsels wat lewe en hoop bring (C) Jessica Venter 17/09/2024
Augustus 2024 – SKULDLAS projek – Uitslae en kommentaar
Augustus 2024 – Skuldlas projek – Wenners en kommentaar Baie geluk aan hierdie 10 lede! WENNERS: GEDIGTE: Brons: (1) No 4 Coenie Horak met Sinkretisme (2) No 33 Retha van Deventer (Pikettie) met Die hel in my (3) No 5 Coenie Horak met Een duisend letter rangskikkings later Silwer: […]
Peis
Peis (Villanelle) My foutlyne verrimpel die blanko boeksblad met my regterhand se sweepslaggende letterswaaie inkantansie van swart ink wat my verse klad apatie neutraliseer my wil en wees plet en plat geen gemarginaliseerde perspektief op my blaaie net my foutlyne verrimpel die blanko boeksblad
Begraafplaasblues
Begraafplaasblues ‘n metropoolse monokultuur lank reeds verby sy prima uur gevestig in ‘n straat van volkome rus soos beloof aan die heiliges van levitikus waar bleek bakens van beskaafdheid onheilspellend vandaliserend verweer deur onbruik het ander wesens hier ingedring en engele sonder vlerk en neus en vinger en ring loer met starre blik oor afgebreekte […]